Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Maandagaand die jongste statistiek vir Covid-19-gevalle in Suid-Afrika bekend gemaak.
Altesaam 3 300 gevalle is tot dusver bevestig. Dit is 142 gevalle meer as die vorige dag. Altesaam 58 sterftes is bevestig, ʼn toename van vier gevalle, en 1 055 persone het reeds herstel.
Mkhize het bevestig 121 510 pasiënte in die privaat en openbare sektor is vir Covid-19 getoets.
Die provinsiale uiteensetting lyk soos volg:

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.


O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Help my verstaan. 3300 gevalle . 1055 gevalle het herstel. So dan is daar nog 2245 gevalle gevalle oor
Stem saam met Jan. Trek die 58 sterf gevalle ook af dan is daar huidiglik 2187 positiewe gevalle. Die mense wat herstel en oorlede is, is mos nie meer positief nie
Ek dink die middeweg is hierdie infeksie gradient. Dis hoekom dit so hierbo weerspieel word. Wat mens wil sien is dat die ding afplat. Permanent…..
En wat ons die meeste kommer is die feit dat AS ons MOET Pick n Pay toe gaan, die helfte of eerder meerderheid mensies glad nie maskers dra nie! Die mense raak aan die voedsel en sit dit terug! Hoe weet ons as mens dit wat hul aanraak nie ook besmet is nie en hoeveel wat siek is loop vrylik rond sonder maskers? Wat help die Lockdown nou eintlik? NIKS as jy my vra. Mense sien die syfers klim maar steur hul glad nie aan regulasies nie. Stop dan die lockdown aangesien mense hierdie saak ligtelik opneem!
Julle getalle maak nie sin nie.