Covid-19: Só lyk gevalle in Gauteng en Noordwes

(Foto: Brian Inganga/AP)

ʼn Totaal van 70 mense word tans in private en openbare hospitale in Gauteng vir Covid-19 behandel.

Gauteng

Volgens die provinsiale regering het Gauteng tot en met 1 Mei ʼn totaal van 1 507 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 948 mense in die provinsie het reeds van die virus herstel. Die dodetal in die provinsie staan op 12.

Só lyk die virusgevalle in Gauteng per streek:

Distrik: Bevestigde Covid-19-gevalle: Getal mense wat herstel het:
Johannesburg865591
Ekurhuleni328225
Tshwane18796
Sedibeng185
Wes-Rand4531
Nie toegewys64
Totaal: 1 507948

In Johannesburg kom die meeste gevalle (257) voor in die distrik waaronder Alexandra, Wynberg, Sandton, Orange Grove en Houghton val. In Pretoria kom die meeste gevalle (53) voor in die distrik waaronder Atteridgeville, Laudium, die middestad, Hercules, Danville, Saulsville, Lotus Gardens en Pretoria-Wes val .

Noordwes

In Noordwes was daar teen 1 Mei ʼn totaal van 35 gevalle, met 16 pasiënte wat reeds herstel het. Altesaam vier mense word in hospitale vir Covid-19 behandel.

Só lyk die virusgevalle in Noordwes per streek:

Distrik: Bevestigde Covid-19-gevalle:
Bojanala-distrik:27
Rustenburg-munisipaliteit13
Madibeng-munisipaliteit13
Moretele-munisipaliteit1
Dr. Kenneth Kaunda-distrik: 5
JB Marks-munisipaliteit2
Matlosana-munisipaliteit3
Ngaka Modiri Molema-distrik:2
Mahikeng-munisipaliteit2
Dr. Ruth Segomotsi Mompati-distrik1
Lekwetemane-munisipaliteit1

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hein ·

Kan iemand my reghelp of veduidelik asb. Hoe werk gevalle in Dr. Kenneth Kaunda-distrik? Eers is gevalle deur North West Department of Health van 4 in Klerksdorp af gebring na 2 en gevalle in Potchefstroom na 3. Nou is Klersdorp weer op 3 en Potchefstroom op 2. Hoe gaan mense die regering glo en vetrou as sulke goed die hele tyd verander. Kan ons dan glo dat gevalle so laag is?

Erica ·

Kyk ek glo nie een woord wat hierdie mense se nie. Hulle kan nie eers mense behoorlik toets nie nog minder kan hulle die waarheid praat. En nou weet ons ook nie wie is die president van die land is nie. Nee wat ANC los maar.

Okmardom ·

Plakkerskamp nuby Rustenburg getoets. Nie een is positief getoets nie. Ek dink daar is n ander plan met ons. Ons moet opstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.