Covid-19: Só lyk jongste gevalle, statistiek

Argieffoto (Foto: Go Nakamura/Getty Images/AFP)

LET WEL: ‘n Verkeerde getal van byna 12 000 nuwe gevalle is vroeër aangegee. Dit was gebaseer op ‘n foutiewe getal wat op ‘n verslag verskyn het. Die berig is intussen gewysig om te wys dat daar 2 894 nuwe gevalle geregistreer is. Ons vra om verskoning vir die fout. -Red 

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 635 465 gevalle is tot dusver bevestig. Dit is 2 894 meer gevalle as die vorige verslag.

Altesaam 11 354 930 toetse is tot dusver afgehandel met 29 355 toetse sedert die vorige verslag.

Nog 30 sterftes (1 in die Oos-Kaap, 5 in die Vrystaat, 20 in Gauteng, 1 in KwaZulu-Natal en 3 in die Wes-Kaap) is bevestig. Dit bring die dodetal op 55 802 te staan.

Minstens 1 539 395 persone (94,1%) het reeds herstel.

Mkhize het gesê minstens 647 983 persone is reeds ingeënt.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap19709312.1
Vrystaat975936.0
Gauteng44384627.1
KwaZulu-Natal33885320.7
Limpopo648514.0
Mpumalanga811575.0
Noordwes731664.5
Noord-Kaap474492.9
Wes-Kaap29145717.8
Totaal1635465100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11643184863587
Vrystaat4204862967093
Gauteng1103242167011144
KwaZulu-Natal104823242384133
Limpopo239761887567
Mpumalanga1428782671462
Noordwes1844663634959
Noord-Kaap1021388497579
Wes-Kaap117512769622744
Totaal55802153939540268

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rian ·

Volgens amptelike syfers is daar om en by 2,7% van die Suid Afrikaanse bevolking besmet met Covid19. Aldus MM se meningspeiling het 10% al Covid gehad. Dit dui dat amptelike syfers waarskynlik 3,7 keer onder werklik gerapporteer is. Word dié syfer geekstrapoleer na die sterftesyfer, dan is die werklike sterftesyfer agv Covid 19 nader aan 200 000, eerder as die amptelike 55400.

MakersMark ·

Dink nie jy is vêr uit nie. Vanaf April 2020 is meer as 100 k “unexplained” sterftes as gewoonlik aangemeld. Tussen die DoH en Binnelandse sake weet hul nie eintlik die oorsaak nie. So wat het verander ? Dis voor die handliggend.

Ian ·

Om aangemelde covid gevalle, wat meestal aangemeld word omdat die pasient ernstig siek is, se sterftesyfer te “ekstrapoleer” na minder ernstige gevalle wat meesal nie aangemeld word nie is belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.