LET WEL: ‘n Verkeerde getal van byna 12 000 nuwe gevalle is vroeër aangegee. Dit was gebaseer op ‘n foutiewe getal wat op ‘n verslag verskyn het. Die berig is intussen gewysig om te wys dat daar 2 894 nuwe gevalle geregistreer is. Ons vra om verskoning vir die fout. -Red
Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 1 635 465 gevalle is tot dusver bevestig. Dit is 2 894 meer gevalle as die vorige verslag.
Altesaam 11 354 930 toetse is tot dusver afgehandel met 29 355 toetse sedert die vorige verslag.
Nog 30 sterftes (1 in die Oos-Kaap, 5 in die Vrystaat, 20 in Gauteng, 1 in KwaZulu-Natal en 3 in die Wes-Kaap) is bevestig. Dit bring die dodetal op 55 802 te staan.
Minstens 1 539 395 persone (94,1%) het reeds herstel.
Mkhize het gesê minstens 647 983 persone is reeds ingeënt.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
---|---|---|
Oos-Kaap | 197093 | 12.1 |
Vrystaat | 97593 | 6.0 |
Gauteng | 443846 | 27.1 |
KwaZulu-Natal | 338853 | 20.7 |
Limpopo | 64851 | 4.0 |
Mpumalanga | 81157 | 5.0 |
Noordwes | 73166 | 4.5 |
Noord-Kaap | 47449 | 2.9 |
Wes-Kaap | 291457 | 17.8 |
Totaal | 1635465 | 100 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
---|---|---|---|
Oos-Kaap | 11643 | 184863 | 587 |
Vrystaat | 4204 | 86296 | 7093 |
Gauteng | 11032 | 421670 | 11144 |
KwaZulu-Natal | 10482 | 324238 | 4133 |
Limpopo | 2397 | 61887 | 567 |
Mpumalanga | 1428 | 78267 | 1462 |
Noordwes | 1844 | 66363 | 4959 |
Noord-Kaap | 1021 | 38849 | 7579 |
Wes-Kaap | 11751 | 276962 | 2744 |
Totaal | 55802 | 1539395 | 40268 |


O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Volgens amptelike syfers is daar om en by 2,7% van die Suid Afrikaanse bevolking besmet met Covid19. Aldus MM se meningspeiling het 10% al Covid gehad. Dit dui dat amptelike syfers waarskynlik 3,7 keer onder werklik gerapporteer is. Word dié syfer geekstrapoleer na die sterftesyfer, dan is die werklike sterftesyfer agv Covid 19 nader aan 200 000, eerder as die amptelike 55400.