Covid-19: Só lyk jongste statistiek

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het Donderdagaand die jongste Covid-19-statistiek vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 5 647 gevalle is tot dusver in die land bevestig, ʼn toename van 297 gevalle sedert Woensdag.

Mkhize het bevestig dat altesaam 207 530 toetse reeds gedoen is, waarvan 10 403 toetse die afgelope 24 uur gedoen is.

Só lyk die provinsiale statistiek:

Oos-Kaap – 647
Vrystaat – 116
Gauteng – 1 446
KwaZulu-Natal – 980
Limpopo – 32
Mpumalanga – 36
Noordwes – 31
Noord-Kaap – 17
Wes-Kaap – 2 342

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willem ·

Dis duidelik net Wes Kaap is eerlik, en kan tel. Hier kom n groot skok vir daai minister sodra sterf gevalle aangekondig word

PieterP ·

Wat kos die maskertjie wat hy aanhet voordat jy by die artikel ingaan??? Ek ruik nog rotte deur my masker…

Margaret ·

Mariela se syfers is baie behulpsaam. Kan Maroela dalk tabel gewyse ook per provinsie as volg dit so wys bv Vrystaat 110 gevalle 3 sterftes 50 gesond 57 nog steeds siek? Dit help ons om ons risiko te probeer vasstel en om te sien hoe elke provinsie werklik vorder of nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.