Covid-19: Só lyk jongste statistiek

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Zweli Mkhize/Twitter)

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het Dinsdagaand tydens ʼn perskonferensie meer inligting verskaf oor die Covid-19-pandemie in die land.

Hy het gesê 4 996 gevalle is reeds in Suid-Afrika bevestig met 2 073 persone wat reeds herstel het. Altesaam 185 497 toetse is gedoen.

Nog drie sterftes is aangemeld en dit bring die dodetal op 93 te staan. Mkhize het benadruk dat meeste Covid-19 verwante sterftes persone was wat onderliggende probleme gehad het soos hoë bloeddruk, diabetes en vetsug.

Die minister het gesê 135 gesondheidswerkers in Suid-Afrika het tot dusver Covid-19 opgedoen en een afgetrede dokter het gesterf.

Wêreldwyd is meer as 3 miljoen gevalle reeds bevestig met byna 214 000 sterftes.

Die provinsiale statistiek is soos volg uiteengesit:
Wes-Kaap – 1 870
Gauteng – 1 377
KwaZulu-Natal – 919
Oos-Kaap – 616
Vrystaat – 113
Limpopo – 31
Noordwes – 29
Noord-Kaap – 17
Mpumalanga – 24

 

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief. 

*Maroela Media is bewus daarvan dat daar soms teenstrydighede is in die Covid-19-syfers wat in berigte aangehaal en op grafieke aangedui word. Die syfers word egter net so oorgedra uit inligting wat van die departement van gesondheid ontvang word. – Red.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Martie Smartie ·

Ja nee, ons sal aanstons hoor dat honderd miljoen Rand spandeer is aan n BBBEEE boetie om spesiaal maskers met hulle embleem op te maak. Trek dit maar af van die 500 biljoen cyril. En die gepeupel word aangese om sommer een van n t-hemp te maak. Hierdie regering maak my siek, ek voel naar

Maurese ·

Wat ek nie kan kleinkry nie, is die pessimisme van ons mense. Indien die regering gese het ons moet maskers kry met die embleem op, hoeveel van die mensr sal dit kon bekostig het? Dan was dit ook ‘n issue. Nou wat ons aangese word om gewone lapmaskers te dra, is dit ook’ n issue. Mense… Ons moet ophou om net die negatiewe te wil raaksien. Dank eerder die Vader dat ons nog gesond is.

Schalk N ·

Net soos daar R220m “missing” is wat moes gaan vir DROOGTE HULP…

Snowball ·

@Willem – seker duisende. Met komplimente van BBEE rich .

Burgermeester ·

Ek is eens met Willem. Ons land is in ‘n ekonomiese verknorsing, maar hulle het geld vir tierlantynkies. Dit is maar net ‘n bewys dat die ANC nie met geld kan werk nie.

Anel ·

Nou is daar iemand wat vir ons kan sê hoeveel is dood suiwer agv die virus, wsnt lyk my daar is nog geen sulke gevalle nie. Almal het een of ander onderliggende siekte gehad.

Willem ·

Grap hierdie lyk vir my dis net die Wes Kaap wat kan tel. Vertrouglad nie ander prov se syfers nie.
Hier kom groot probleme.

Henro ·

Ek bevraagteken die statistieke ten sterkste. Op die eerste grafiek volg die aantal gevalle per dag die tendens van die hoeveelheid toetse per dag. Daar kan nog honderde, duisende of tienduisendes die virus hê. Die Weskaap het die meeste gevalle, maar hulle doen ook die meeste toetse per dag. Die regering gespog oor SA wat oor die meeste TB-toets toestelle besit, wat slegs met ‘n kalibrasie gebruik kan word vir COVID toetse. Dit sou ons op die voorgrond plaas, maar daar het nog bitter min van gekom. Die grendelstaat het bitter min beteken behalwe om die onafwendbare uit te stel en paar tydelike fasiliteite op te rig, ten koste van honderde duisende werksgeleenthede en ekonomie wat in duie gaan stort.

Penelope ·

Daai masker was iemand se kos pakkie….hang hom op d groot klok sodat die “people ” dit ook kan besef.

Marina ·

Ek wonder hoe akkuraat is hierdie syfers en dit maak my baie bekommerd. Limpopo strek so ver dat mens ook nie weet waaaar in Limpopo nie ai.

Kobus ·

Ek is verstom oor die kommentaar- die artikel gaan oor die jongste stats- in SA 5,000 het die virus opgedoen en bykans 100 mense het hulle lewens verloor. Dit terwyl minder as 200,000 mense getoets is van die bykans 60 mil, so ons kan aanvaar die werklike syfers van mense wat die virus het is baie meer. 135 gesondheidswerkers het al die virus aangesteek en 1 dokter het gesterf. Wereldwyd het meer as 3 mil die virus en meer as 214,000 mense hul lewens verloor aan die virus. In die VSA alleen het 60,000 die afelope 3 maande gesterf- mense sterf letterlik per minuut. Dit is iemand se pa/ma/geliefde. Die TAKE AWAY van dit vir die wat kommentaar lewer is hoeveel die masker kos wat Pres. Cyril dra op die foto wat nie eers deel van die onderwerp is nie-geen enkele kommentaar oor medelye of empatie met wat jul pas gelees het nie. Ek skaam my namens sommiges. Ek dink julle het geen idee van die erns van die saak nie en wat wag nie. Miskien sal jul denke/of jul harte oor 6 mnde anders wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.