Covid-19: Só lyk jongste statistieke

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 662 800 bevestigde Covid-19-gevalle met 3 755 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 662 825 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 56 439 nadat nog 76 sterftes aangemeld is: agt in die Vrystaat, 17 in Gauteng, 44 in Noordwes, een in die Noord-Kaap en ses in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 556 874 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 93,6%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 606 570 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 523 sedert die vorige verslag.

Altesaam 479 768 gesondheidsorgwerkers is tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt. Meer as 488 000 mense is reeds tydens die tweede fase ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap197 75911,9%
Vrystaat101 0746,1%
Gauteng456 76427,5%
KwaZulu-Natal339 81120,4%
Limpopo65 3643,9%
Mpumalanga82 4265%
Noordwes75 8474,6%
Noord-Kaap50 1883%
Wes-Kaap293 59217,7%
Totaal1 662 825100%

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 657185 257845
Vrystaat4 32988 6148 131
Gauteng11 207429 68515 872
KwaZulu-Natal10 509325 0814 221
Limpopo2 44662 222696
Mpumalanga1 44879 3311 647
Noordwes1 93367 3866 528
Noord-Kaap1 10141 0758 012
Wes-Kaap11 809278 2233 560
Totaal56 4391 556 87449 512

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.