Suid-Afrika het nou meer as 1 662 800 bevestigde Covid-19-gevalle met 3 755 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 662 825 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 56 439 nadat nog 76 sterftes aangemeld is: agt in die Vrystaat, 17 in Gauteng, 44 in Noordwes, een in die Noord-Kaap en ses in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 1 556 874 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 93,6%.
Suid-Afrika het tot dusver 11 606 570 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 523 sedert die vorige verslag.
Altesaam 479 768 gesondheidsorgwerkers is tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt. Meer as 488 000 mense is reeds tydens die tweede fase ingeënt.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 197 759 | 11,9% |
Vrystaat | 101 074 | 6,1% |
Gauteng | 456 764 | 27,5% |
KwaZulu-Natal | 339 811 | 20,4% |
Limpopo | 65 364 | 3,9% |
Mpumalanga | 82 426 | 5% |
Noordwes | 75 847 | 4,6% |
Noord-Kaap | 50 188 | 3% |
Wes-Kaap | 293 592 | 17,7% |
Totaal | 1 662 825 | 100% |
Sterftes en gevalle wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 657 | 185 257 | 845 |
Vrystaat | 4 329 | 88 614 | 8 131 |
Gauteng | 11 207 | 429 685 | 15 872 |
KwaZulu-Natal | 10 509 | 325 081 | 4 221 |
Limpopo | 2 446 | 62 222 | 696 |
Mpumalanga | 1 448 | 79 331 | 1 647 |
Noordwes | 1 933 | 67 386 | 6 528 |
Noord-Kaap | 1 101 | 41 075 | 8 012 |
Wes-Kaap | 11 809 | 278 223 | 3 560 |
Totaal | 56 439 | 1 556 874 | 49 512 |