Covid-19: Só verloop afsondering in Gauteng

David Makhura, die premier van Gauteng, spreek Sondag die media in Johannesburg toe. (Foto: Twitter)

Die Gautengse polisie het reeds 148 mense in hegtenis geneem en waarskuwings aan 25 mense uitgereik wat nie die regulasies van die algehele landwye afsondering gehoorsaam het nie. Altesaam 59 van hierdie mense het vrylik rondbeweeg tydens die afsondering terwyl ander alkohol verkoop of sosiale byeenkomste gefasiliteer het.

David Makhura, die premier van Gauteng, het Sondag tydens ’n mediakonferensie in Midrand gesê winkelsentrums hou tans die grootste uitdaging in die provinsie in. Dit nadat groot getalle mense die naweek na kruidenierswinkels gestroom het nadat hulle hul salarisse ontvang het.

Makhura sê dat hy Saterdag ondersoek ingestel het by verskeie winkelsentrums. Dit sluit in winkelsentrums in Oliewenhoutbosch, Tembisa, Soweto en Diepsloot. Volgens die premier het mense buite die winkelsentrums geen sosiale afstand gehandhaaf nie.

Talle maatreëls word nou deur winkelbestuurders getref om te verseker dat klante afstand handhaaf. Stoele en winkeltrollies word by sommige winkelsentrums ingespan om afstand tussen mense te skep. Lede van patrollies en gemeenskapspolisiëringsforums se hulp word ook ingeroep word om die situasie buite winkelsentrums te monitor.

Die Gautengse wetgewer sukkel egter nog met taxibestuurders wat mense van informele nedersettings na winkels vervoer. Die premier het daarop gewys dat taxi’s slegs noodsaaklike werkers gedurende bepaalde tye mag vervoer.

(Foto: Leon Lestrade/ANA)

Gesondheid in Gauteng

Altesaam 545 bevestigde gevalle van Covid-19 is in Gauteng aangemeld. Bandile Masuku, LUR van gesondheid in Gauteng, het op die mediakonferensie gesê slegs 15 van dié pasiënte word tans in hospitale in die provinsie behandel. Ses van die pasiënte word in staatshospitale behandel. Nege ander ontvang behandeling in private hospitale.

Slegs een van die pasiënte word tans in die waakeenheid van ’n hospitaal behandel. Die pasiënt toon egter reeds tekens van herstel, het Masuku gesê.

Volgens Masuku het die provinsiale departement van gesondheid meer as 4 000 gemeenskapsgesondheidswerkers opgelei wat voortaan gaan help om mense in die provinsie op spoor wat in kontak met Covid-19-pasiënte gekom het. Altesaam 9 000 werkers dal dus vandeesweek na dié mense soek.

Altesaam 1 400 van 1 700 mense is reeds opgespoor wat kontak gehad het met iemand wat positief vir Covid-19 getoets het.

Volgens Masuku sal meer toetsfasiliteite regoor die provinsie ook vandeesweek ingerig word en bejaardes, gesondheidswerkers, mense met TB of MIV/vigs en swanger vroue sal griepinspuitings ontvang.

Maatskaplike toelae

Bejaardes sal Maandag en Dinsdag hul maatskaplike toelae van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) kan gaan afhaal by verskeie betaalpunte regoor die provinsie. Die afhaal bly vir die Gautengse wetgewer ’n bekommernis aangesien dit ’n risiko vir begunstigdes inhou.

Panyaza Lesufi. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Panyaza Lesufi, waarnemende LUR van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, het vanmiddag gesê altesaam 648 495 bejaardes in die provinsie sal oor die volgende twee dae hul maatskaplike toelae ontvang. Altesaam 120 163 met gestremdhede sal ook hul toelae by betaalpunte gaan afhaal.

Lesufi het gesê 300 poskantore in die provinsie is as bestaalpunte ingerig. Altesaam 5 000 liter handreinigingsmiddel sal vir bejaardes beskikbaar gestel word terwyl 30 000 handskoene vir personeel bestel is wat die toelae gaan hanteer.

Sosiale afstand sal by die betaalpunte gehandhaaf moet word, het Lesufi gesê. Begunstigdes sal dus in groepe van 100 groepeer word waarna afstand tussen die mense geskep sal word. Bejaardes sal ook hul griepinspuitings by die betaalpunte kan ontvang.

Haweloses

Gauteng het byna 50 000 hawelose mense, het Lesufi bekend gemaak.

Die waarnemende LUR het verduidelik dat daar sowat 15 000 haweloses in Johannesburg, 10 000 haweloses in Tshwane, 8 000 haweloses in Ekurhuleni en 4 000 haweloses in Sedibeng asook die Wes-Rand is.

Tente gaan nou by die Tshwane-geleentheidsentrum in Pretoria opgeslaan word waar haweloses die volgende drie weke gehuisves kan word. Verskeie skole is ook reeds beskikbaar gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan Venter

Nou ja toe, en daar dink die regering toe NIE verder as wat sy neus lank is nie. Almal, of meeste mense dan, het mos maar eers by Donderdag en Vrydag salaris gekry, geen wonder dit was chaos met die regulasies nie want almal hardloop toe om kos hier oor die naweek te koop, plaas dat die regering die Staatsinperking vanaf more of oormore ingestel het. Soos hulle met die ekonomie die afgelope 25 jaar gevaar het en dit nie ‘n verrassing was dat ons afgradeer is nie, is dit nie ‘n wonder dat die regering ook hier in die… Lees meer »

Anel

Ja, nê. Kan maar net lag. In groepe van 100. En ek, wat ‘n enkeling is, wat met niemand in aanraking kom nie, mag nie my hond op sy daaglikse draf neem nie! Hoe verduidelik vir hom hoekom net “our people” kort kort in die straat verby hom mag stap, maat hy mag nie?

Elize

Rassisme op sy beste!!!

Niné

Ai mense. Hierdie ding is vir die wereld n learning curve. Ons regering het vinniger gereageer as meeste 1ste wereld regerings.

Elize

Vir diegene van julle wat AF duimpies op my vorige kommentaar gelewer het. Julle het seker nie n 92 jarige moeder wat nou sonder haar griep inspuiting moet bly omdat ons onbevoegde regering eerstens te min bestel het nie en tweedens omdat Sassa bejaardes nou gratis voorkeur gaan kry nie nê!!!