Covid-19: Soveel gevalle in Gauteng, Wes-Kaap

Johannesburg (13 April 2020) (Foto: AP Photo/Jerome Delay)

Altesaam 969 gevalle van die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak, is teen Donderdagaand in Gauteng aangemeld. In die Wes-Kaap het 702 pasiënte teen Donderdagaand positief vir Covid-19 getoets.

Die Gautengse departement van gesondheid het Vrydag in ’n verklaring bevestig dat ses mense in dié provinsie reeds weens Covid-19 gesterf het. Altesaam 479 pasiënte in Gauteng het ondertussen herstel.

Luidens die verklaring is Johannesburg steeds dié provinsie se episentrum met 575 gevalle wat teen Donderdagaand in die Goudstad aangemeld is. Altesaam 109 gevalle is in Tshwane aangemeld.

In die Wes-Kaap het sewe pasiënte reeds weens Covid-19 omgekom. Altesaam 35 pasiënte was teen Donderdagaand in ’n hospitaal opgeneem, van wie 16 in die waakeenheid van ’n hospitaal behandel word.

Die Wes-Kaapse regering het op sy webtuise aangedui dat 205 mense reeds herstel het. Die munisipaliteitsdistrik van die Stad Kaapstad het in die stadium die meeste gevalle Covid-19 in dié provinsie aangemeld (591).

Daar is tans 20 gevalle in Mitchells Plain en 25 gevalle in Khayelitsha aangemeld.

Stellenbosch het tans 14 gevalle Covid-19, terwyl 17 gevalle in Mosselbaai aangemeld is. Twee pasiënte in Oudtshoorn het positief getoets vir die nuwe koronavirus.

Die verspreiding van Covid-19 in die twee provinsies lyk so:

GautengGetal gevalle
Johannesburg575
Tshwane109
Wesrand35
Sedibeng8
Ekurhuleni180
Onbekend62
Totaal969

 

Wes-KaapGetal gevalle
Stad Kaapstad591
Kaap Wynlandse-distriksmunisipaliteit34
Sentrale Karoo-distriksmunisipaliteit0
Tuinroete-distriksmunisipaliteit55
Overberg-distriksmunisipaliteit11
Weskus-distriksmunisipaliteit7
Onbekend4
Totaal702

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Snowball ·

Dié ‘lockdown ‘ en virus is ongelukkig nie vir almal ewe belangrik nie; gister gesien hoe daar verskeie groepe mense (een groep van sewe) bloot rondhang op ‘n parkeerterrein, tussen geparkeerde motors. Party selfs met kinders by hulle. Hulle is nie in ‘n ry vir die winkels of die bank nie….hulle hang net…..
Twee metro polisielede daag op…. loop v groepie tot groepie wat so hang, gesels bietjie en stap weer aan.
Nou wie verstaan nie ‘lockdown’ nie? Die sg wetstoepassers of die mense wat dink ‘n parkeerterrein by ‘n winkelsentrum is ‘n sosiale bymekaarkomplek?
Die digtheid van die populasie het niks te doen met getalle nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.