Covid-19: Soveel gevalle nou in SA tronke

Argieffoto: ANA.

Die departement van korrektiewe dienste het reeds 2 190 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus aangemeld  – 1 207 gevangenes en 983 korrektiewe beamptes.

Altesaam 1 644 van dié pasiënte het reeds van die virus herstel, terwyl 20 gesterf het. Daar is dus in dié stadium 523 aktiewe gevalle Covid-19 reg oor die land se 243 korrektiewe sentrums.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die departement, het Vrydag in ’n verklaring gesê nog 63 korrektiewe beamptes het intussen positief getoets vir Covid-19. Altesaam 20 van die beamptes werk in korrektiewe sentrums in Gauteng, 18 in korrektiewe sentrums in die Wes-Kaap en 12 in gevangenisse in die Oos-Kaap.

Dié drie provinsies loop tans die meeste onder Covid-19 deur.

Volgens Nxumalo het nog sewe beamptes intussen in die Vrystaat en die Noord-Kaap positief vir Covid-19 getoets.

Nog drie gevalle onder korrektiewe beamptes is intussen in KwaZulu-Natal aangemeld, terwyl drie beamptes onderskeidelik in Limpopo, Mpumalanga en Noordwes die virus opgedoen het.

Slegs een gevangene in ’n Oos-Kaapse tronk het die afgelope week positief getoets vir Covid-19.

Altesaam 25 pasiënte in die tronk, hetsy korrektiewe beamptes of gevangenes, het in dié tyd van die virus herstel.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rodger17 ·

Dis nie eens snaaks nie,want as jy heeldag sien hoe bewaarders in dorp en winkels rondhang is dit geen wonder nie.Hulle dra die virus oor na gevangenis

Lulutjie ·

Jammer vir die korrektiewe beamptes, maar geen simpatie met die gevangenes nie.

Amatambo ·

Lulutjie, dalk besef jy nie dat NIE ALLE gevangenes is werklik misdadigers nie – ek weet van 3 gevalle wat eintlik onskuldig agter tralies beland het – ‘n SWART man het ‘n man doodgemaak toe hy dié betrap wat besig was om sy ma te verkrag – met ander woorde, hy wou sy ma – vir wie hy werklik lief was – teen so’n wandaad beskerm. Tweede geval – ‘n ouerige egpaar wat nie ver van ons af gebly het nie het ‘n “ongewenste besoeker” in hulle woonstel betrap waar genoemde “besoeker” besig was om die tannie aan te rand en dis waar die oubaas hom plattrek . Geval no. 3 – ‘n polisiesersant en sy kollegas het iewers in Johannesburg ‘n transitorowerbende omsingel – een van die polisiemanne het gewaarsku dat een van die rowers gewapen was, daar hy kon sien hoe die rower so vat-vat, maar bedink hom en probeer vlug – die sersant in bevel het hom platgetrek – en 10 jaar gekry nadat hy sy plig teenoor die publiek probeer nakom het. Genoemde sersant is tien jaar hiervoor opgelê…

Retha ·

Gaan seker nog meer kriminele vrygelaat word om nog meer Boere en Seniors te martel en vermoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.