Covid-19: Soveel nuwe gevalle

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Suid-Afrika het nou meer as 1 494 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 210 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 1 494 119 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 48 313 nadat nog 219 sterftes aangemeld is: 20 in die Oos-Kaap, nege in die Vrystaat, 56 in Gauteng, 43 in KwaZulu-Natal, 29 in Limpopo, tien in Mpumalanga, 14 in die Noord-Kaap en 38 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 396 951 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 93,5%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 737 330 toetse vir Covid-19 gedoen, 24 486 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap193 41312,9%
Vrystaat78 7565,3%
Gauteng399 16826,7%
KwaZulu-Natal325 27921,8%
Limpopo60 8294,1%
Mpumalanga69 1574,6%
Noordwes59 6184%
Noord-Kaap33 1622,2%
Wes-Kaap274 73718,4%
Totaal1 494 119100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 150181 385878
Vrystaat3 01068 6397 107
Gauteng9 295384 9454 928
KwaZulu-Natal9 359299 05316 867
Limpopo1 66257 9711 196
Mpumalanga1 19966 4221 536
Noordwes1 05752 9995 562
Noord-Kaap64129 5173 004
Wes-Kaap10 940256 0207 777
Totaal48 3131 396 95148 855

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

Ons moet maar begin kyk na entstof wat ook Ebola beveg, want dit broei neffens ons kamma-grensdrade. Met die hekke weer amptelik oop en 14 000 onwettige migrante in een maand getel, is erger probleme aan die oplaai. Ons staatshospitale sien nou nie eens kans vir iemand met ‘n stukkende toon nie…

Rentia ·

1210 gevalle. Regverdig dit steeds advanced level 3? Die regering maak tans meer mense dood as die virus

Sakkie ·

Ek wens net hulle wil ophou om te vertel hoeveel gevalle daar nou tot op datum was.
Dit lyk en klink dan vreeslik erg.
Dit maak dat ons op level 3 bly. (SAL die ANC dan ooit die noodtoestand stop???)
Sê net daar is nog 2500 positiewe gevalle.

Dit is dieselfde as ek sê ek het nou al R 7 200 000-00 verdien. (Ek klink baie ryk)
Dit gee jou maar R 15 000-00 per maand oor die afgelope 40 jaar.

Pampoen ·

KZN se 16 000 aktiewe gevalle is proportioneel heeltemaal te hoog. Dit word nie bevestig deur hulle dodetal of enige ander stats nie. Dit lyk vir my asof hulle stats verkeerd is. Sal graag wil hoor hoe hulle dit verklaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.