Covid-19: Sóveel toetse agterstallig

(Foto: Brian Inganga/AP)

Suid-Afrika het aan die begin van vandeesweek ’n agterstand met meer as 96 000 Covid-19-toetsmonsters gehad wat tot ʼn vertraging in die uitslag van toetse lei. Die meeste van dié agterstallige toetse is in Gauteng.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het in sy jongste verklaring onthul dat 96 480 monsters wat getoets moet word vir die nuwe koronavirus teen Maandag nog nie in ’n laboratorium verwerk was nie. Die agterstand in toetsuitslae neem skynbaar ook by die week toe.

Die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap wag tans op agterstallige toetsuitslae. Die res van die provinsies het, volgens Mkhize, nie ʼn agterstand nie. Volgens die regering se data het Gauteng met ʼn syfer van 24 076 die meeste onverwerkte toetse, gevolg deur KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, elk met 22 802.

Maroela Media het vroeër berig ʼn totaal van 29 948 toetse is nog nie aan ʼn spesifieke provinsie toegewys is nie. “Dit is weens ʼn gebrek aan voldoende data wat aangeteken is, en dit vereis dat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) elke toets moet verifieer voordat dit aan ʼn provinsie toegewys word,” het Mkhize verduidelik.

Foto: (Chinatopix Via AP)

Die minister het in die lig van agterstallige toetsuitslae gesê die toetsmonsters van gesondheidswerkers en pasiënte wat reeds in ’n hospitaal opgeneem is, word nou geprioritiseer.

Altesaam 27 403 Covid-19-gevalle is reeds in Suid-Afrika aangemeld met 577 Covid-19-verwante sterftes. Daar is in die afgelope 24 uur-toetssiklus altesaam 20 727 toetse gedoen, wat beteken ʼn totaal van 655 723 toetse is reeds gedoen.

Só lyk die aantal onverwerkte toetsmonsters per provinsie:

ProvinsieOnverwerk teen 9 Mei Onverwerk teen 14 MeiOnverwerk teen 21 MeiOnverwerk teen 25 Mei
Oos-Kaap8 3507 00023 00022 802
Vrystaat2004 3006 0008 800
Gauteng15 00013 00023 00024 076
KwaZulu-Natal12 00018 00028 00022 802
Wes-Kaap14 00016 63021 00718 000
Totaal49 55058 930101 00796 480
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

capie ·

Absoluut geloofwaardige statestiek dat Weskaap presies 18000 toetse agterstallig is en Ooskaap en KwaZulu-Natal albei presies 22802 agterstallig is. Wys maar net hoe meeste word uit die duim uit gesuig. Onvoldoende data is dit nou eenvoudige vorms wat nie volledig ingevul is nie (30% slaagsyfer met die opleiding ) of moet dit ook eers geredigeer word.

Lorna ·

Presies wat ek hele tyd se
Aanmekaar soort van gelyke getalle

Willem ·

Gister het Mkhize gese daar is 20000 uitstaand nou is dit 96000 ongelooflik. En ons provinsies in die noorde doen ook nie baie toetse nie intresant die spul

koos10 ·

Net gister aand verkondig jy Dr. Zweli Mkhize dat dit nie 100 000 is soos deur jou DG bekend gemaak nie maar net 30 000, en nou 96 000. Al weer ‘n skyfie fout?????
Dr. Zweli Mkhize JY IS DIE FOUT!!!!! Waar het jy jou graad gekry??? PEP stores???

Jenine ·

Is dit slegs die staat se toetse of die privaat sektor s’n ook? Ek vermoed die meerderheid agterstallige toetse is die staat. Nou wil hulle hierdie onbekwame diens ‘n nasionale probleem maak met die instel van die nuwe mediese fonds vir almal gemors.

Cecil ·

Dan sal ek graag wil weet hieveel toetse het al weg geraak.

PieterP ·

Maar die agbare minister het dan gereken 46000 toetse per dag kan gedoen word. Onbevoeg vir jou pos?
Onvoldoende data wat aangeteken is. Genugtig!!! Vul al die lyntjies of blokkies in dan weet almal waar kom die monsters vandaan. O ja 30%…jammer. Miskien moet julle ook net teen 30% vergoed word.

netekalleen ·

Van die begin af se ek ons kry nie die korrekte statistieke nie. Narre is.wat hul is

Jan ·

Welkom in die nuwe suid afrika. Wat ek wil weet hoe lank nadat hulle die sampel geneem is is dit nog toetsbaar.

marius ·

So gereed soos ‘n parabat wat met ‘n rugsak en ‘n brandende kers uit ‘n boeing spring oor die diepsee ne mnr die skyfie meester ?

Jan ·

Is dit dan nou so moeilik om te kan sien dat die anc nie weet wat hille doen nie. N man het in sy garage in Durban n asem haal masjien gebou. Danel kon tot vandag nog nie eens een ontwerp nie . Kan iemand nie miskien help om daai klomp roer eiers in die tuimeldroer te help om toets toestele te bou nie

Lukas ·

Wat my verbaas is dat ek nog nie resultate van toetse gesien het ,in die sin watter persentasie het positief gewys van toetse wat uitgevoer is. Die aantal landelike gevalle is myns insiens inklusief covid -19 gevalle wat by die hospitale en klinike aangekom het en daarom buite die 604.000. getoetse mense
gehou. Wat is die nut van toeste met so een gigantise agterstand.
Kan iemand lig op die zaak werp. (verskoon my dit is waarskynlik Hollands _Afrikaans)

Lukas

Jack ·

Daar word so gelieg en bedrieg in die land dat ek net kan aanvaar dat dit hier ook die geval is. Hoe meer jy sloer en alles blameer hoe beter lyk jou syfers en kan jy meer besighede oopkry. Die syfers tans is dus n wanvoorstelling en kan wetenskaplike besluite nie daarop basseer word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.