Covid-19: Staat besorg oor staatsbestuurde ondernemings

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan (Foto: Ntswe Mokoena/GCIS)

Staatsbestuurde ondernemings was reeds in die pekel voor die Covid-19-afsonderingsperiode maar die inperking gaan ‘n selfs groter impak op hulle hê, het die top-amptenary van die departement van openbare ondernemings Woensdagmiddag in die parlement aangevoer.

Daar was algemene teleurstelling tydens die virtuele middagsitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings toe Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, nie opgedaag het om sy verwagte toekomsblik vir staatsbeheerde ondernemings te bied nie.

Die vergadering het dus grootliks vervlak tot ‘n verslag oor hoe die amptenary van die departement ‘n skoon oudit gekry het vir hul departementele werk, hoewel amptenare toegegee het dit het nie gehelp om staatsbestuurde ondernemings soos Eskom en die SAL bo hul bedenklike toestand te laat uitstyg nie.

Die enigste syfers wat amptenare bereid was om vir individuele entiteite te verskaf, was vir Eskom, waar departementele steun tussen verlede jaar en hierdie jaar gesny word van R49 miljard na R33 miljard, Denel van R1,8 miljard na R576 miljoen, SAL van R5,5 miljard na R3,8 miljard, en SA Express van R300 miljoen na R164 miljoen.

Departementele amptenare het daarop gewys dat hierdie syfers vervat is in die begroting wat Tito Mboweni, die minister van finansies, in Februarie ter tafel gelê het, maar wat drasties gaan verander in die nuwe begroting wat hy as gevolg van die koronavirus volgende maand gaan indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ou toppie

Die berig maak een fout. Die woord staatsbestuurde ondernemings is ‘n drogbeeld. Bestuur impliseer goeie bekwame mense, wat deur goeie bekwame aandeelhouers aangestel word. Die regte woord is “staatsbeheerde” . Asseblief MM!

Burgermeester

So die staat is besorg oor staatsbestuurde ondernemings? Hoe bly hierdie mense nog aan bewind? As die staatsbestuurde ondernemings behoorlik bestuur was, en daar was haalbare medium en langtermyn planne daar gestel om na toe te werk, sou hulle minder besorg gewees het.

Jan

Hulle kan nie eens n klein depaertement bestuur nie . Wat nog van die land. Waar die anc in beheer is werk niks reg nie . Dit kom daar op neer dat hulle grade en poste gekoop is . In my straat waar ek werk is daar n spaza shop . Daai ou sal die land en sy departemente beter bestuur. As wat die anc kan droom om dit te doen

marius

Die perd is lankal dood , maar nou wil die man morsdood as ‘n verskoning gebruik ? Sy ware kleure slaan nou soos waterpokkies uit .

Maria

Mnr Gordhan stel baie teleur. Hy boelie die ‘sakeredders’ tot voordeel van die werkersunies. Waarom kan die SAL nie net n stille dood sterf nie? Nes soos Eskom moet elektrisiteit privatiseer word.