Suid-Afrika het nou altesaam 35 140 bevestigde Covid-19-verwante sterftes nadat nog 806 nuwe sterftes bevestig is.
Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, was 150 hiervan in die Oos-Kaap, 24 in die Vrystaat, 211 in Gauteng, 235 in KwaZulu-Natal, 14 in Limpopo, 14 in Mpumalanga, sewe in die Noord-Kaap en 151 in die Wes-Kaap.
Nog 18 555 nuwe gevalle is ook aangeteken.
Tot dusver is 1 278 303 gevalle van die virus in Suid-Afrika bevestig en 1 030 930 mense het reeds herstel, ʼn koers van 80,6%.
Suid-Afrika het in hierdie stadium 212 233 aktiewe gevalle van Covid-19. Die meeste aktiewe gevalle is in KwaZulu-Natal – met 69 599 gevalle – gevolg deur Gauteng (47 919) en die Wes-Kaap (42 473).
Meer as 7,3 miljoen Covid-19-toetse is gedoen, waaronder 71 681 toetse sedert die vorige verslag.


