Covid-19-statistiek: Minister ‘bemoedig’ deur herstelsyfer

Die getal Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het sedert Donderdag met amper 800 toegeneem. Die minister het egter gesê hy is “bemoedig” deur die aantal mense wat reeds van Covid-19 herstel het.

Vrydagaand het die getal Covid-19-gevalle op 13 524 gestaan, ʼn toename van 785 die afgelope 24 uur. Nege bykomende sterftes is aangemeld, wat beteken 247 mense is reeds in Suid-Afrika weens Covid-19 oorlede. Dít volgens syfers wat Vrydagaand deur die departement van gesondheid uitgereik is.

Die afgelope 24 uur is 18 537 Covid-19-toetse in Suid-Afrika uitgevoer. Meer as die helfte (51%) van die toetse is in die openbare sektor uitgevoer.

Min. Zweli Mkhize sê hulle betreur die sterftes, maar voel bemoedig deur die stygende aantal mense wat reeds van die virus herstel het. Dié syfer staan tans op 6 083, wat amper die helfte (45%) van gevalle verteenwoordig. Die meeste sterftes (137) is in die Wes-Kaap aangemeld. Dié provinsie het egter ook die grootste getal pasiënte wat al genees het (2 857). Die Wes-Kaap het steeds die meeste Covid-19-gevalle in die land (7 798).

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willem ·

Ja nee die provinsies in die noorde se covid syfers bly onverander. Snaaks ne

Andre ·

Bemoedig…? Nee wat ou pel julle klompie is so onkundig.Geen redding in sig met die klomp in beheer.Geen hoop en geen vertroue.

Oudste ·

Hoekom wys die statistiek nie natuurlike sterftes ook nie? Hoeveel mense het al herstel wat julle nie van weet nie? Hierdie statistiek is is geknoei spesifiek waar die natuurlike sterftes nie oik aangetoon word nie. Ek vermoed alle sterftes is nou Covid 19.

Willem ·

Ek wil ook weet van sterftes. Watter het ander siekte gehad en nou Covid opgedoen en nou sommer Covid sterftes.

christo ·

ek dink dis alles geknoei.eweskielik het die DA beheerde gebiede die meeste gevalle.als is polities geknoei om areas sleg te laat lyk

Nick ·

Hulle lieg in elk geval oor die getalle! Die outjies van die anc het lankal gewys dat hulle nie baie goed is met syfers nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.