Covid-19-statistieke: 1 092 nuwe gevalle

(Grafika: pixabay)

Suid-Afrika se bevestigde Covid-19-gevalle het teen Dinsdagaand op 717 851 gestaan nadat 1 092 nuwe gevalle bevestig is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het in sy daaglikse bywerking van getalle gesê nog 45 sterftes is bevestig. Dit bring die algehele sterftesyfer in die land weens die virussiekte op 19 053 te staan.

Altesaam tien sterftes is in die Oos-Kaap bevestig, vier in Gauteng, 12 in die Vrystaat, vyf in KwaZulu-Natal, drie in Mpumalanga en 11 in die Wes-Kaap. Uit die 45 nuwe sterftes wat bevestig is, het 19 oor die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind. Hiervan was twee in die Oos-Kaap, vier in Gauteng, vyf in die Vrystaat en agt in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 647 833 mense reeds van die virussiekte herstel. Die land se herstelkoers staan in hierdie stadium op 90%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Persheks Adri ·

Ek wil eintlik nie kommentaar lewer nie, want meeste mense glo die syfers… Wat wel nie vir my sin maak nie is dat daar al hoe meer syfers by kom, maar herstel bly op 90%? Ou Cyril gaan ons steeds na hoër vlak toe laat gaan omdat hulle nog wil plunder…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.