Covid-19-statistieke: 1 423 sterftes tot dusver

Argieffoto (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekend gemaak.

Altesaam 65 736 persone het reeds positief getoets waarvan 36 850 persone (56%) herstel het. Die getal sterftes staan op 1 423 (2,2%) ná nog 69 Covid-19-verwante sterftes aangemeld is. Altesaam 36 sterftes is die afgelope 24 uur in die Wes-Kaap aangemeld, nege in die Oos-Kaap en 24 in Gauteng.

Altesaam 1 087 887 toetse is reeds gedoen waarvan 27 462 die afgelope 24 uur gedoen is.

Provinsiale statistiek: 

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap925014,1
Vrystaat4570,7
Gauteng989715,1
KwaZulu-Natal37635,7
Limpopo3090,5
Mpumalanga2710,4
Noordwes9771,5
Noord-Kaap1440,2
Wes-Kaap4060561,8
Onbekend630,1
Totaal65736100

 

Sterftes en herstel: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2174559
Vrystaat9189
Gauteng813075
KwaZulu-Natal641810
Limpopo4185
Mpumalanga1116
Noordwes5128
Noord-Kaap152
Wes-Kaap104126736
Totaal142336850

 

Ouderdomme:

OuderdomSterftesPersentasie
0-930,2
10-1940,3
20-29211,5
30-39855,9
40-4917912,6
50-5934624,3
60-6938727,2
70-7924917,5
80-891117,8
90-99302,1
Onbekend80,6
 1423100

 

Geslag: 

Manlik (%)Vroulik (%)OnbekendTotaal
728 (51,2)693 (48,7)2 (0,1)1423

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johannes ·

Baie volledige statistieke. Sou graag net die verskillende bevolkings groepe se persentasies ook wou gesien het.

netekalleen ·

Daai sal hulle nooit bekendmaak nie. Want ons almal weet wie die wetgehoorsame burgers is en wie nie

Jan ·

Al word hard daaraan gewerk om die statistiek “beter” te laat lyk sodat die streng inperking geregverdig kan word, kom die ware prentjie daagliks duideliker na vore. Dit toon dat Covid-19 nie wesenlik gevaarliker as seisoenale griep is wat ongeveer 15 000 sterftes in ‘n seisoen veroorsaak nie en kom nie naby die hoogs-aansteeklike TB wat meer as 60 000 sterftes per jaar veroorsaak nie. Die inperkingsagenda is skynbaar polities van aard en geldelike belange speel waarskynlik ‘n groter rol as die belange van die land en sy inwoners.

Barbara ·

Stem dat die inperkings onregverdig is. Maar soos ń mens in jou eie dorp oppad winkel toe ry, loop mense in die strate en meer as een persoon sonder maskers rond. Naby ons is ń veld daar het ń klomp swart jong seuns sokker gespeel natuurlik sonder maskers. So wat verwag hul ons syfers gaan die hoogte inskiet.

Jack ·

Die daaglikse moordsyfer in S A is sopas verbygesteek. Net soos met geweld twyfel ek sterk of die regering in beheer is van die bestuur van die probleem.

Francois ·

Ek glo ongelukkig niks van die statistieke. Gaan trek die syfers af van mense wat aan normsle simtome soos hart aanvalle, kar ongelukke, TB, Vigs en winter longontsteking gesterf het dan gaan die werklikke getalle gesien word. Dit is net die regering se manier om houvas op die mense te he

Alexander ·

Hierdie syfers kan net so min as regering vertrou word. Inperking moet dadelik gestop word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.