Suid-Afrika het teen Sondagaand altesaam 649 793 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 1 579 nuwe gevalle is aangemeld.
Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.
Nog 20 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 15 447 te staan bring.
Altesaam ses van die sterftes is in Gauteng aangemeld, gevolg deur ses in die Wes-Kaap, vier in KwaZulu-Natal en vier in die Oos-Kaap.
Altesaam 577 906 pasiënte het in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 88,9%.
Meer as 15 692 toetse uit die 3 918 478 wat reeds gedoen is, is in die afgelope 24-uursiklus gedoen. Altesaam 2 222 032 toetse is in die private sektor gedoen, wat meer as die helfte (57%) van die toetse uitmaak. Altesaam 1 696 446 toetse is in die openbare sektor gedoen.
Provinsiale statistieke:
Gauteng: 215 140
KwaZulu-Natal: 116 389
Wes-Kaap: 108 431
Oos-Kaap: 87 415
Vrystaat: 41 875
Noordwes: 27 219
Mpumalanga: 25 750
Limpopo: 14 183
Noord-Kaap: 13 391
Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
Bla, bla, bla