Covid-19-statistieke: 1 800 nuwe gevalle landwyd

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Saterdagaand altesaam 636 884 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 1 806 nuwe gevalle is aangemeld.

Gauteng het steeds sowat ʼn derde van alle gevalle (33,4%), gevolg deur KwaZulu-Natal (18,%), die Wes-Kaap (16,8%) en die Oos-Kaap (13,6%), het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.

Só lyk die aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           1 543

Vrystaat:             11 581

Gauteng:             22 044

KwaZulu-Natal:  10 586

Limpopo:            749

Mpumalanga:    1 123

Noordwes:         5 263

Noord-Kaap:      4 000

Wes-Kaap:          4 012

Die herstelkoers staan steeds op 88% en 561 204 mense het reeds van die virus herstel, het Mkhize gesê.

ʼn Verdere 110 sterftes is egter bevestig.

Nuwe sterftes:

KwaZulu-Natal: 45

Gauteng:             16

Oos-Kaap:           11

Vrystaat:             19

Wes-Kaap:          10

Tot dusver het altesaam 14 779 mense in Suid-Afrika van die virus gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

johanf ·

Weet nie meer wat om te glo nie, die mense kan nie met syfers werk nie……

Ferryman ·

Dit lyk darrem of die situasie verbeter. Hopelik sal ons dan gou op Vlak 1 wees.

Jaco ·

Is die ekonomiese herstelkoers ook 88%?
Kort na inperking begin het, het ramaphosa hard gepraat oor hoe kwaai ongelykheid in SA is en dat wit mense se sterk rol in die ekonomie moet stop. So wit besighede wat weens inperking bankrot speel en wit werkers wat hulle werk verloor, is seker maar te verwagte en seker maar wat die ANC wil hê. MAAR, wat van swart besighede? Hulle eienaars en werkers se velkleur en BEE is dan klaar reg. Waarom word hulle dan ook “gestraf” as hulle nie skuldig is aan die “misdaad” van apartheid nie.
Weet die ANC ook dat, terwyl hulle lekkerkry oor wit besighede wat vou, VERLOOR daardie besighede se swart werkers hulle werk? Iets maak nie sin nie.
Nog iets: is inperking die nuwe normaal? Is toe gimnasiums, toe kerke, dra van maskers en lang toue mense by winkels alles dinge wat permanent, vir jare, so gaan bly? Hoe bedreig, die bietjie wit kerke in SA in elk geval die ekonomie?

Jan ·

Ons moes vir 3 weke grendel sodat die gesondheidsgeriewe kans kry om gereed te maak nadat hulle etlike jare gelede deur die WGO gewaarsku is om meer paraat te wees en niks daaraan gedoen het nie.
Toe word dit ‘n agenda vir transformasie gebaseer op gelykheid – almal gelyk arm. Nou is dit bekend dat die virus baie minder skadelik is as 2018 se normale griep en dat inperking en maskers nerens ter wêreld enige wesenlike verskil gemaak het nie. Maar steeds word ons in die idiotiese maskers ingedwing.
Nou gaan dit oor mag en beheer, terwyl bewyse instroom dat isolasie en maskers meer skade as goed doen. Volgens die syfers van die gesaghebbende Pandata is die skade van die maatreëls 33 keer erger as die virus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.