Covid-19-statistieke: 1 800 nuwe gevalle

(Grafika: pixabay)

Suid-Afrika het teen Saterdag nog 1 834 bykomende gevalle van Covid-19 bevestig en amper 21 000 toetse is in die voorafgaande 24 uur vir die virussiekte gedoen. Meer as 4,6 miljoen toetse is sedert die uitbreking van die pandemie in Suid-Afrika gedoen.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê nog 53 sterftes is ook bevestig.

“Dit bring die algehele Covid-19-verwante sterftes op 18 944 te staan. Uit die 53 sterftes wat vandag aangemeld is, het 10 oor die afgelope 48 uur plaasgevind,” het Mkhize gesê.

Die land se herstelkoers weens Covid-19 staan ook weer op 90% nadat dit vroeër vandeesweek tot 90,4% toegeneem het. Tot dusver het 644 641 mense van die siekte herstel.

Gauteng het die meeste sterftes (4 701), gevolg deur die Wes-Kaap (4 323), die Oos-Kaap (3 536) en KwaZulu-Natal (3 190).

Gauteng het met 226 963 ook steeds die meeste algehele gevalle van die siekte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Diva ·

Snaaks daar is nooit fotos of artikels van van begrafnis ondernemers wat nie kla nie agv die sogenaamde Covid nie…

Pieter ·

Die regering werk hard om die verlenging van die grendelstaat te regverdig en selfs weer na hoër vlakke terug te keer. Wat van die 90% herstel koers?

Jacobus ·

Sal die sg statistiek nie meer waardevol en betekenisvol wees as daar ‘n korrelasie kan getoon kan word in die syfers – dit terwyl almal WEET dat die syfers vir politieke doeleindes, gemanipuleer word. Die geduld en liggelowigheid van almal is op die punt om te verdamp.

Antoinette ·

Heeltemal moontlik. Al die rooipettegedrang by gebeure waar hulle nie hoort nie en aangery word – geen afstand, geen maskers. Baie onverantwoordelik van die EFF.

Jan ·

Die regering verdubbbel in die afgelope maand die aantal bevestigde sterftes om die syfers “beter” te laat lyk terwyl realisme oor hul onrealistiese hantering van vanjaar se gewone griep inskop.

Nico ·

SA had about 50,000 active cases of Covid-19 over the course of the past week, well below the July peak of 173590 active cases. At it’s peak, the death rate was about 300 per day. In the five days running up to the extension of disaster, only 10 deaths per day were recorded. Influenza kills aproximately 23 South Africans per day. TB kills more than 300 South Africans per day, AIDS another 300 South Africans per day.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.