Covid-19-statistieke: 11 nuwe sterftes

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het tans 1 596 595 gevalle van Covid-19 nadat nog 1 778 nuwe gevalle bevestig is.

Die getal aktiewe gevalle het teen Sondagaand op 25 604 gestaan, sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

Nog 11 sterftes is aangemeld. Hiervan was een in die Oos-Kaap, een in die Vrystaat, agt in Gauteng en een in KwaZulu-Natal. Geen Covid-19-verwante sterftes is in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, die Noord-Kaap of die Wes-Kaap aangemeld nie.

Die herstelkoers staan steeds op 95% en tot dusver het 1 516 256 mense van die virus herstel.

Net meer as 26 000 Covid-19-toetse is sedert die vorige verslag gedoen en die getal aktiewe gevalle is meer as 25 600.

ProvinsieSterftesReeds herstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 589184 464232
Vrystaat3 91483 4864 451
Gauteng10 770412 7124 837
KwaZulu-Natal10 428321 1735 732
Limpopo2 33661 477381
Mpumalanga1 40276 730922
Noordwes1 72563 6873 755
Noord-Kaap92536 2974 327
Wes-Kaap11 646275 600967
Totaal54 7351 516 25625 604

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.