Covid-19-statistieke: 119 bykomende sterftes

(Argieffoto)

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand nog 119 Covid-19-sterftes bevestig, wat die dodetal weens die virus op 20 432 te staan bring.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê uit die sterftes was 36 in die Oos-Kaap, 22 in die Vrystaat, sewe in KwaZulu-Natal, een in Mpumalanga en 11 in die Wes-Kaap. Uit die sterftes is sewe in die afgelope 48 uur aangemeld – drie in die Vrystaat en vier in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 754 256 mense positief vir die virus getoets. Hiervan het 696 820 mense reeds herstel – ʼn koers van 92,4%.

Altesaam 1 987 nuwe gevalle is bevestig, het Mkhize gesê.

Byna 18 000 toetse vir die virus is sedert die vorige verslag gedoen, waarvan 64% in die private sektor.

Die Oos-Kaap het met 9 890 die meeste aktiewe gevalle, gevolg deur die Vrystaat met 8 198, die Wes-Kaap met 5 494, Gauteng met 1 862 en Noordwes met 1 761.

Landwyd staan die aktiewe getal gevalle op 37 003.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andre ·

Ek sou nogal die regte gegewens wou sien om te weet wat aangaan.

OW ·

Statistiek van watter aard ookal, was nog nooit 100% korrek nie.Wat ons wel weet is dat ‘ n pandemie wêreld wyd woed en tot daar nie ‘n goedgekeurde voorkomende entstof beskikbaar is nie, sal die pandemie met ons wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.