Covid-19-statistieke: 156 336 aktiewe gevalle in Suid-Afrika

(Argieffoto: Ronny Hartmann / AFP)

Daar is tans 156 336 aktiewe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika nadat nog 13 652 nuwe gevalle Vrydag aangemeld is.

Hoewel dié syfers effens laer as dié van die vorige dag is, is dit hoër as die gemiddelde syfer vir nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (10 939).

Die jongste syfers bring die algehele getal bevestigde laboratorium gevalle van die koronavirus op 2 511 178 te staan.

Minstens 62 768 mense is sedert die vorige verslag vir die virus getoets en die positiwiteitskoers staan nou op 21,7%.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê nog 479 sterftes is aangemeld wat die algehele sterftesyfer op 74 352 te staan bring. Minstens 2 280 490 mense het al van die virus herstel.

Nog 566 mense is in die hospitaal opgeneem en word tans vir die koronavirus behandel. Daar is in dié stadium altesame 15 309 pasiënte in die hospitaal.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (30%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (20%), Gauteng (19%), Oos-Kaap (9%), Mpumalanga (6%), Noordwes (5%), Limpopo en die Vrystaat (3% elk) en die Noord-Kaap (3%).

Só lyk die nuwe gevalle per provinsie:

 

Oos-Kaap:

 

1 196

 

Vrystaat:

586

 

Gauteng:

2 534
 

KwaZulu-Natal:

 

2 673

 

Limpopo:

513
 

Mpumalanga:

 

872

 

Noordwes:

693
 

Noord-Kaap:

 

457

 

Wes-Kaap:

4 128
 

Totaal:

 

 13 652

 

Altesame 157 389 mense is sedert die vorige verslag teen die koronavirus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.