Covid-19-statistieke: 164 nuwe sterftes

(Grafika: pixabay)

Suid-Afrika het 164 nuwe Covid-19-sterftes bevestig wat die dodetal nou op 18 656 te staan bring.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê 46 bykomende sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld, 41 in die Vrystaat, 52 in Gauteng, een in Mpumalanga, twee in die Noord-Kaap, agt in die Wes-Kaap, nege in KwaZulu-Natal en vyf in Limpopo.

Die herstelkoers staan steeds op 90% en 639 568 mense het reeds van die virussiekte herstel nadat 706 304 mense positief vir die virus getoets het.

Altesaam 1 050 nuwe gevalle is teen Dinsdagaand bevestig.

Gauteng, met 225 734 oftewel 32% van gevalle, het teen gister die meeste bevestigde gevalle van die virus gehad. Die provinsie word gevolg deur KwaZulu-Natal met 121 528 (17,2%) gevalle en die Wes-Kaap met 114 667 (16,2%).

Meer as 4,5 miljoen mense in die land is reeds vir Covid-19 getoets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JJ ·

Sug. Die daily scorecard kan nou maar vervang word met scorecard aantonend die herstelkoers en indien moontlik ook die hospitalisasie koers.

Antoinette ·

En binnekort, nou na die Senekal byeenkoms sonder maskers of afstande, gaan dit waarskynlik hemelhoog wees, want ons is mos onaantasbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.