Covid-19-statistieke: 17 miljoen SA’ners al ingeënt

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Meer as 17 miljoen mense in Suid-Afrika is nou reeds teen Covid-19 ingeënt.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê altesame 17 176 603 inentings is tot op hede toegedien, waarvan 164 097 in die afgelope siklus van 24 uur.

Nog 1 367 pasiënte het intussen positief getoets vir Covid-19.

Nios sê in sy jongste verslag dié aantal nuwe infeksies is hoër as die dag tevore (578), maar laer as die gemiddelde aantal nuwe gevalle per dag gedurende die sewe voorafgaande dae (1 794).

Die jongste toename in Covid-19-gevalle verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 8,6% terwyl nog 201 pasiënte weens die virus gesterf het.

Die land se dodetal staan nou op 87 417 met minstens 2 898 888 mense in Suid-Afrika wat reeds Covid-19 opgedoen het.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (27%) en die Wes-Kaap (18%). Die provinsies word gevolg deur die Oos-Kaap en Gauteng (14% elk), die Vrystaat (12%), die Noord-Kaap (5%), Mpumalanga en Noordwes (4% elk) en Limpopo (2%).

Daar is tans meer as 45 771 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 765 700 mense van die virus herstel.

ProvinsieNuwe gevalle op 28 September 2021Algehele gevalle tot 28 September 2021
Oos-Kaap185289 986
Vrystaat169160 934
Gauteng190915 906
KwaZulu-Natal372510 835
Limpopo24121 785
Mpumalanga55150 726
Noordwes56149 285
Noord-Kaap7590 382
Wes-Kaap241509 049
Totaal1 3672 898 888

Nog 158 Covid-19-pasiënte is intussen in ʼn hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 6 860 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

KB ·

“43miljoen nog nie ingeënt nie, 99.02% het nie Covid-19 opgedoen nie, hospitaal-besetting neem af…”
Bogenoemde lees darem baie meer positief as die afgelope 19 maande se Covid-19 verslaggewing. Die psigiese negatiewe skade aan mense deur die media is amper erger as die virus self.

Francois Le Cochon ·

Kleinboet, 99,02%?, kry vir jou calculator nuwe batterye en probeer weer.

Anoniem ·

Ongeveer 3 miljoen uit die geskatte 60 miljoen mense in SA het al Covid 19 opgedoen en dit is 5% van die bevolking.

piet ·

Net meer as 16% VAN MENSE WAT GETOETS IS, was Covid-positief. Dis ‘n baie meer realistiese persentasie as jy dit as ‘n steekproef van die hele bevolking neem. Ek weet die wereldgemiddeld was omtrent 20% positief van diegene wat getoets is.

Niklaas ·

Die doodsyfer styg steeds erg. Ons tref binnekort die 100000 telling. En steeds is daar mense wat dit aflag, ignoreer en kanse vat.

VaalDonkie ·

Onthou, ons tel al van laasjaar Maart af. Hierdie is nie die gewone 12 maande syfer soos vir ander siektes nie. Ja, COVID is erg as hy jou onkant vang. Maar as jy 18 maande se COVID-sterftes teen 12 maande se griep-sterftes vergelyk, dan lyk dit erger as wat dit eintlik is.

Kirst ·

In ons munisipale gebied oorleef 95% van die mense wat Covid kry. Dit klink na goeie “odds”, maar draai dit om – een uit elke 20 mense wat Covid kry sterf. Nou klink dit nie meer so goed nie. Ja, mense met swak immuniteit (bv MIV lyers) kry griep, dit raak longontsteking en hulle sterf. Maar Covid is ‘n perd van ‘n ander kleur. Jy weet nie hoe hy jou gaan affekteer nie, maak nie saak hoe gesond of jonk jy is nie.

Pieter ·

Hoekom net 164 000 inentings die afgelope 24 uur? Ramaphosa het gese hulle beoog meer na die 400 000 per dag? Of dit nou is as gevolg van die tempo waarteen die regering inent, of die gebrek aan mense wat nie die entstof wil kry nie, dis ewe teleurstellend.

Fritz ·

Met die dat mense so indirek probeer dwing word om ingeënt te word, vermoed ek daar is bietjie van n “push back” om juis die inenting te vermy en n vinger vir die samelewing te wys. Veral omdat jou statistiese kans op oorlewing sonder inenting nog steeds baie hoog is. Diegene wat dink subtiele dwang is effektief, ken nie homo sapiens nie.

Karel Kobus Kruger ·

Ek het ook besluit my kanse op oorlewing is meer as goed genoeg sonder inenting, so in solidariteit met diegene wat teen hul wil ingeënt word, het ek besluit om nie ingeënt te word nie. Alhoewel ek eintlik neutraal is teenoor die inenting.

Pieter ·

Ok nee maar lekke. Het jy al Covid gekry dat jy so stelling maak?

Karel Kobus Kruger ·

Ek het n ruk gelede verkoue/griep/covid simptome gehad, maar het myself nie laat toets nie. Het myself ook nie afgesonder nie. So dalk het ek dit gehad, dalk nie.

Pieter ·

Soos ek al gese het in ander berigte… wat as dit n ander nasionale politieke party was wat versoek het vir die inenting? Die redinasie van “jou kans op oorlewing is sonder die inenting hoog is” is totaal en al die verkeerde siening oor hoekom jy die inenting kry. Die inenting verswak die virus se potensiaal om so vinnig te versprei en dit voorkom mutasie en dit voorkom dat wie dit wel kry, nie so siek raak nie.

Jedi Knight ·

Ek steur my ewe min aan die VF, DA, ANC en die dominee. Ek sou graag verder wou uitwy oor my siening van die partye, maar dan gaan my kommentaar nie geplaas word nie. So dit behoort dus vir jou te sê wat ek regtig van “leiers” dink.

Heinrich ·

As jy ‘n woord glo wat Ramaphosa sê dan glo jy ook seker dat die inenting jou enigste beskerming is.
As jou beskerming werk, hoekom moet ek dit dan neem. Indien jou beskerming dan nié werk nie, hoekom moet ek dit neem?

Pieter ·

Nee ek glo nie dat die inenting my enige vorm van beskerming is nie. Ek glo ook nie meeste van die tyd die president nie. Glo ek dat hy se daar kan 400 000 mense n dag ingeeent kan word? ja ek doen want ons privaat sektor doen baie van die inentings. Die inenting verswak die virus se potensiaal om so vinnig te versprei en dit voorkom mutasie en dit voorkom dat wie dit wel kry, nie so siek raak nie. So dit gaan nie oor “hoekom met ek” nie. Want dit gaan nie net oor jou nie.

piet ·

Die inentings vorder redelik fluks in my opinie na ‘n rampspoedige begin. Teen die einde van die jaar behoort meer as die helfte van die bevolking ingeent te wees.

Carel Aaron ·

Hierdie lieg en bedrieg syfers moet gestop word. 17m inenting is nie 17m mense nie.

Waarom word daardie syfers so bekook aan die publiek voorgehou?

Al lieg hulle hoe ek sal noiit die jab vat nie. Ek het my eie imminuteit.

koos10 ·

Carel Aaron, jy sien dit ook in, Dis soos as iemand dae positief toets en met ‘n opvolg toets 10 dae later weer positief toets, word dit as 2 positiewe gevalle gereken.

Casper ·

Hoekom is daar weer so skerp styging in infeksies en sterftes.

Emile ·

@MM ek verwys na die syfers in Carel se kommentaar, 17Miljoen inentings togedien beteken nie 17Miljoen Suid-Afrikaners is al ingeent nie? of mis ons iets

koos10 ·

Gaan lees bietjie oor Iris Adams van die Wes Kaap. Sy was een van die eerste mense om die jab te kry en is oorlede aan COVID 19. (Ek weet dit is net een geval, maar ons word kort kort vertel dat geen mens wat die jab gekry het, het al gesterf aan COVID nie.)
Vra dan die vraag af of ons regering en wetenskaplikes eerlik is met ons.

piet ·

Hoeveel mense het gesterf wat nie die jab gekry het nie en dan weeg jy dit op teen die wat dood is wat wel die jab gekry het. Vergelyk appels met appels. Maak nie saak hoe jy dit wil spin nie, inenting verlaag jou kanse drasties om dood te gaan aan die virus en aan die einde van die dag is dit wat saak maak.. Dis nou soos om te redeneer dat mense wat veiligheidsgordels dra ook kan doodgaan in ‘n ongeluk maar dan heeltemal die feit te ignoreer dat baie meer mense sal doodgaan in ongelukke as hulle nie veiligheidgordels dra nie. Die Engelse noem dit “warped logic”

VaalDonkie ·

As die regering eerlik is met ons, dan sal dit die eerste keer wees in ‘n lang tyd. Ek dink hulle was laas eerlik toe Nelson Mandela nog nuut in die stoel was.

piet ·

Is sommige mense maar net dom of is die afduimpies wat gegee word selfs al word hulle gekonfontreer met onweerlegbare feite/bewyse maar net moedswillig? Dis eintlik lagwekkend hoe hierdie anti-vaxers aangaan. Definitief nie die slimste peanuts in die pakkie nie.

Erica ·

Rerig, my peanut sit op die regte plek. En ek kraak nie jou af nie. So hoekom ander afkraak wat nie spring as jy jou handjies klap nie. Dink weer voor jy mense wil beledig. Sies man

Elize ·

My huiswerker kla dat die kliniek waar sy inenting moet kry haar keer op keer wegwys, die rede is blykbaar omdat sy op chroniese meds is vir hoe bloeddruk. So beteken dit dan dat geen persoon met hoe bloeddruk inenting gekryhet nie?

piet ·

Nee. Sy is seker ‘n baie hoe risiko pasient vir inenting. Die kliniek sit met al haar mediese data en weet seker wat die beste vir haar sal wees? Elke geval moet individueel ge-evalueer word. Sy kan natuurlik ‘n kans vat en die inenting kry by ‘n ander punt sonder dat hulle weet van haar mediese geskiedenis maar dit sal nie raadsaam wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.