Covid-19-statistieke: 2 080 nuwe gevalle

‘n Gesondheidswerker maak gereed om ‘n vrou in Parkview, Johannesburg, vir Covid-19 te toets. (Foto: Luca Sola/AFP)

Altesaam 2 080 nuwe voorvalle van Covid-19 is bevestig en Suid-Afrika het teen Maandagaand 769 759 bevestigde gevalle van die virus gehad.

“Ons het ʼn positiwiteitskoers van 14%, wat kommerwekkend is,” het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, in sy daaglikse bywerking van syfers gesê.

Nog 65 sterftes is ook bevestig, wat die totaal op 20 968 te staan bring. Van die nuwe sterftes is 26 in die Oos-Kaap aangemeld, 19 in die Vrystaat, twee in Gauteng, drie in Limpopo, agt in Noordwes en sewe in die Wes-kaap.

Suid-Afrika se herstelkoers staan op 92,4% nadat 711 195 mense reeds van die virus herstel het.

Die Oos-Kaap het met 11 099 in hierdie stadium verreweg die meeste aktiewe gevalle. Die provinsie word gevolg deur die Wes-Kaap met 7 731 gevalle, die Vrystaat met 7 659 aktiewe gevalle en KwaZulu-Natal met 5 583 aktiewe gevalle.

Gauteng, met 283, het in hierdie stadium die minste aktiewe gevalle.

Net meer as 14 300 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Genis ·

Ek wil my verstout om te noem, dat hulle nie weet hoeveel mense dit het nie… laat vaar totg nou net die lawwe onwettige lockdown

Jaco ·

Wees maar bly vir lockdown. Ná lockdown kom onteiening sonder vergoeding – veel erger as om elke dag ‘n masker te dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.