Covid-19-statistieke: 2 237 nuwe gevalle

(Argieffoto)

Suid-Afrika het volgens die departement van gesondheid in hierdie stadium 35 715 aktiewe gevalle van Covid-19.

Tot dusver het 749 182 mense positief vir die virus getoets, van wie 693 261 reeds daarvan herstel het. Dit is ʼn koers van 92,5%.

Nog 2 237 nuwe gevalle is bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê nog 53 sterftes is ook aangemeld. Hiervan was 34 in die Oos-Kaap, ses in die Vrystaat, vyf in KwaZulu-Natal en agt in die Wes-Kaap.

Die bring die sterftekoers in Suid-Afrika weens Covid-19 op 20 206 te staan.

Uit die 53 sterftes het 19 oor die afgelope 48 uur plaasgevind. Daar was agt sterftes in die Oos-Kaap, drie in die Vrystaat, een in KwaZulu-Natal en sewe in die Wes-Kaap.

Meer as 5,1 miljoen toetse is reeds gedoen, net meer as 24 000 sedert die vorige verslag.

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Gauteng4 877222 8171 785
KwaZulu-Natal3 281116 3515 142
Wes-Kaap4 449111 5985 280
Oos-Kaap4 03494 7998 682
Vrystaat1 66348 1098 599
Noordwes51032 1001 656
Mpumalanga61129 513487
Limpopo48017 274416
Noord-Kaap30118 7003 668
Totaal20 206693 26135 715

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

christo ·

Skoolleerders is van die superverspreiders. Ek weet, want ek het daagliks met die townshipleerders te doen en dus ‘n heeldag se aanspreek dat hulle, hul maskers moet dra en wegbly van mekaar.
Die president en minister van gesondheid se oproepe om verantwoordelik op te tree val op dowe ore. Teen die einde van November sal die tweede vlaag ook ‘n realiteit in SA wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.