Die getal laboratoriumbevestigde gevalle van Covid-19 staan op 3 662 032 nadat nog 2 334 nuwe gevalle bevestig is. Tot dusver het 3 526 115 mense reeds van die virus herstel, ʼn koers van 96,2%.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê daar is tans 37 049 aktiewe gevalle en een sterfte is in die 24 tot 48 uur voor die jongste verslag bevestig. Nog 63 sterftes is bygewerk wat die algehele syfer op 90 868 te staan bring.
Gauteng is steeds die provinsie met die meeste nuwe gevalle (39%), gevolg deur KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap (15% elk), Noordwes (8%), Mpumalanga (7%), die Oos-Kaap en Vrystaat (5% elk), Limpopo (3%) en die Noord-Kaap (2%).
Die getal nuwe positiewe gevalle is 7,3%, ʼn daling van die 7,4% van die vorige dag. Die sewedaggemiddeld staan nou op 8%, ook effens laer as die 8,1% van ʼn dag tevore.
Tans word 3 141 mense wat positief vir Covid-19 getoets het in hospitale behandel.
Meer as 31,1 miljoen dosisse van die entstof is toegedien.



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
En ons word nog steeds ingeperk
Ek geniet om te sien hoe die hoofopskrif lui “2300 nuwe gevalle”, maar die “amptelike” syfer is 2334… So dit beteken die ander 34 mense is tien teen een al klaar, binne 24 uur, oor die loopneus ens…
Remember that “horse dewormer” that the FDA, CDC, NIH, CNN, and Sanjay Gupta all told you not to use? A new paper recently published in the Journal of the AMA (JAMA) shows that Ivermectin works way better than the COVID vaccine in keeping you from dying from COVID.
Die opvoering word nou uitgerek. Die kykers slaap al lankal.
Selfs die “bygewerkte” syfers kom nou goed af. Ek is baie bly daaroor. Suiwer omdat ek ‘n mens is wat omgee en self weet hoe voel dit as jou geliefdes ernstig siek is.