Covid-19-statistieke: 2 888 nuwe gevalle

(Argieffoto: pixabay)

Altesaam 2 888 nuwe gevalle van Covid-19 is bevestig wat die landwye totaal nou op 757 144 gevalle van die virus te staan bring.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê 123 bykomende sterftes is ook aangemeld. Hiervan was 35 in die Oos-Kaap, 31 in die Vrystaat, drie in KwaZulu-Natal, sewe in Limpopo, 31 in Noordwes en 12 in die Wes-Kaap.

Suid-Afrika het tot dusver 20 556 bevestigde sterftes weens Covid-19.

Uit die 123 sterftes het 17 oor die afgelope 24 uur plaasgevind. Daar was vier in die Oos-Kaap, twee in Gauteng en 11 in die Wes-Kaap.

Suid-Afrika se herstelkoers staan op 92,6% nadat 701 534 mense reeds van die virus herstel het.

Só lyk aktiewe gevalle:

ProvinsieAktiewe gevalle (17 Nov)Aktiewe gevalle (18 Nov)
Gauteng1 8622 145
KwaZulu-Natal5 2905 449
Wes-Kaap5 4945 703
Oos-Kaap9 8907 961
Vrystaat8 1987 746
Noordwes1 7611 499
Mpumalanga399415
Limpopo381402
Noord-Kaap3 7283 734
Totaal37 00335 054

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Strandloper ·

Daar is totale gemoeds rus terwyl die bug chaos veroorsaak. Soek en jy sal find!

Ek is soms verstom deur die mens se dom astrantheid teenoor die bug! Die wye publiek doen eenvoudig geen navorsing om hul self te wil beskerm nie?

HOCl…ek kan die perd tot by die water bring…. Dit is my plig!

Connie ·

Daar waar die ergste uitbreek is, maar daai grense toe sodat hulle net in hulle deel bly. Ons ander volg die reels, maar dan moet ons ook onder hulle astrantheid, wat weier om maskers te dra en afstande te handhaaf, gestraf word.

Andries ·

Dit het nog nooit oor die virus gegaan nie. Sedert wanneer wil die regering lewens red? Kyk maar net na hulle standpunte oor aborsie en plaasmoorde en dink weer.

Hierdie gaan net oor beheer. Die regering gebruik net hierdie geleentheid om hulle beheer oor die samelewing te verskerp en almal wat bloot inval by al hulle reëls sterk die regring net in hulle kwaad.

Diegene wat oortuig is die masker beskerm hulle is welkom om hulle maskers getrou te dra uit vrye wil, maar moet dit nie op almal afdwing nie, en moenie mense se vryhede inperk nie. Diegene wat besorgd en bekommerd is oor hulle veiligheid is vry om hulleself af te sonder, maar moenie ons ander die vryheid en reg om vrylik rond te beweeg ons ontneem nie.

Dirk Mostert ·

Volgens verskeie wetenskaplike bronne wat ek onder oe gehad het is die Covid-19 virus nog nie geisoleer om sy bestaan te bevestig nie. Die toets is kwalitatief, nie kwantitatief nie. Dit tel verskeie coronavirusse op, nie spesifiek die beweerde “covid-19” nie. Om positief te toets is dieselfde as dat enige rots spore platinum bevat. Ek word graag reg gehelp, maar verskaf asb. literatuurbronne wat my stellings weerle!

Piet ·

Ek gee julle ‘n brief dat strenger afsonderingsmaatreels tydens die feesgety ingestel gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.