Altesaam 2 888 nuwe gevalle van Covid-19 is bevestig wat die landwye totaal nou op 757 144 gevalle van die virus te staan bring.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê 123 bykomende sterftes is ook aangemeld. Hiervan was 35 in die Oos-Kaap, 31 in die Vrystaat, drie in KwaZulu-Natal, sewe in Limpopo, 31 in Noordwes en 12 in die Wes-Kaap.
Suid-Afrika het tot dusver 20 556 bevestigde sterftes weens Covid-19.
Uit die 123 sterftes het 17 oor die afgelope 24 uur plaasgevind. Daar was vier in die Oos-Kaap, twee in Gauteng en 11 in die Wes-Kaap.
Suid-Afrika se herstelkoers staan op 92,6% nadat 701 534 mense reeds van die virus herstel het.
Só lyk aktiewe gevalle:
Provinsie | Aktiewe gevalle (17 Nov) | Aktiewe gevalle (18 Nov) |
Gauteng | 1 862 | 2 145 |
KwaZulu-Natal | 5 290 | 5 449 |
Wes-Kaap | 5 494 | 5 703 |
Oos-Kaap | 9 890 | 7 961 |
Vrystaat | 8 198 | 7 746 |
Noordwes | 1 761 | 1 499 |
Mpumalanga | 399 | 415 |
Limpopo | 381 | 402 |
Noord-Kaap | 3 728 | 3 734 |
Totaal | 37 003 | 35 054 |



O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Byna 2000 minder?
Daar is totale gemoeds rus terwyl die bug chaos veroorsaak. Soek en jy sal find!
Ek is soms verstom deur die mens se dom astrantheid teenoor die bug! Die wye publiek doen eenvoudig geen navorsing om hul self te wil beskerm nie?
HOCl…ek kan die perd tot by die water bring…. Dit is my plig!
Daar waar die ergste uitbreek is, maar daai grense toe sodat hulle net in hulle deel bly. Ons ander volg die reels, maar dan moet ons ook onder hulle astrantheid, wat weier om maskers te dra en afstande te handhaaf, gestraf word.
Volgens verskeie wetenskaplike bronne wat ek onder oe gehad het is die Covid-19 virus nog nie geisoleer om sy bestaan te bevestig nie. Die toets is kwalitatief, nie kwantitatief nie. Dit tel verskeie coronavirusse op, nie spesifiek die beweerde “covid-19” nie. Om positief te toets is dieselfde as dat enige rots spore platinum bevat. Ek word graag reg gehelp, maar verskaf asb. literatuurbronne wat my stellings weerle!
Ek gee julle ‘n brief dat strenger afsonderingsmaatreels tydens die feesgety ingestel gaan word.