Covid-19-statistieke: 205 146 aktiewe gevalle

Verpleegpersoneel by die Charlotte Maxeke-hospitaal. (Foto: Dept. van gesondheid)

Nog 16 435 mense het in die afgelope siklus van 24 uur positief vr die koronavirus getoets wat die algehele getal aktiewe gevalle in Suid-Afrika op 205 146 te staan bring. Dít verteenwoordig ’n positiwiteitskoers van 29,9%.

Altesame 2 253 240 mense het al die virus opgedoen, van wie 1 982 122 reeds herstel het.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste bywerking dat nog 377 Covid-19-verwante sterftes sedert die vorige verslag aangemeld is.

Die algehele sterftesyfer staan nou op 65 972.

Hospitaalopnames het met 726 toegeneem wat beteken dat 17 404 mense tans vir Covid-19 in die hospitaal behandel word.

Die meeste pasiënte word in private hospitale behandel (10 201).

Altesame 172 466 mense is sedert die vorige verslag teen Covid-19 ingeënt.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng aangeteken (44%), gevolg deur die Wes-Kaap (18%).

Só lyk dit in die provinsies:

 

Provinsie

 Nuwe gevalle

 Algehele gevalle

 

Oos-Kaap

839

216 502

 

Vrystaat

570

121 896

 

Gauteng

7 309799 454
 

KwaZulu-Natal

 

490

373 285

 

Limpopo

 

1 434

97 588

 

Mpumalanga

 

1 078

110 479

 

Noordwes

1 515

114 479

 

Noord-Kaap

 

299

62 633

 

 

Wes-Kaap

2 901 

357 025

 

 

 

Totaal

 

 

16 435

2 253 240

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sambok ·

Dit is 0.34% van die populasie,is dit rerig nodig vir sulke streng maatreels,maak alles oop en laat die mense na hulle self begin kyk,die hele land bloei

Francois Le Cochon ·

Sambok, jou voorstel sal nie in die praktyk werk nie. Dit sal tot gevolg he^ dat hospitale vinnig oorvol raak en sodoende sal die ernstige gevalle nie in hospitale opgeneem kan word nie. Die regulasies is juis daarom om die aantal gevalle oor ‘n tydperk te versprei, om druk op hospitale te bestuur. Stel jou voor jy het ‘n ventilator nodig, en daar word vir jou familie gese^ dat daar nie vir jou plek in ‘n hospitaal is nie. Moenie kyk na die persentasie nie, kyk na die aantal gevalle.

Carel Aaron ·

Cyril het 3 weke gevra, ʼn jaar plus gelede, om genoeg plek in hospitale te kry.
In 2009 is 60k mense dood aan varkgriep in ʼn jaar. Daar eas nou Maart tot Maart nog nie 53k dood nie. Jou tyd is jou tyd. Ek herstel nou self van C.
ʼn Nebulizer doen wondere asook ʼn CPAP. Ventilators is net by uiterste gevalle nodig en dan vir 5 tot 10 dae. Die res is ʼn melkkoei vir sekere dokters. Hoëdruk suurstof, dispren en paar vitamiene is wat nodig is. Dit kan yuis ook behandel word.????

Hendrik Marthinus ·

Jou opinie Carel
Men’s moet dit respekteer
Maar ek stem nie saam nie, lande wereldwyd ook nie want Baie het Steeds strenger regulasies
Baie sterkte Hoop jy gou weer 100% gesond
Duisende Ander was nie so gelukkig nie

Nozi ·

KZN gaan een van die dae saam met Gauteng 1ste op die lys staan.

annie ·

Waarom is die meeste mense in privaatsorg? Wie behandel die staatshospitale dan? Het die privaathospitale nou meer beddens as die staat s’n? Of is die staat geleidelik besig om alles oor te vat?

Maggies ·

Heel moontlik omdat baie van daardie mense mediese fondse het.

Maggies ·

Na hierdie afgelope week kan die getal aansienlik groter raak. Derduisende mense sonder maskers het in massas beweeg. Glad nie aan gevolge gedink nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.