Covid-19-statistieke: 27 000 aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Donderdagaand altesame 1 525 648 bevestigde gevalle van Covid-19 gehad nadat 1 478 nuwe gevalle bevestig is.

Die herstelkoers staan op 94,8% en daar is tans 27 035 aktiewe gevalle van die virus in die land.

KwaZulu-Natal:  7 880

Wes-Kaap:          5 216

Vrystaat:             3 835

Gauteng:             3 099

Noordwes:         2 696

Noord-Kaap:      2 097

Mpumalanga:    1 225

Limpopo:            710

Oos-Kaap:           277

Nog 95 Covid-19-sterftes is bevestig. Hiervan was vyf in die Oos-Kaap, 21 in die Vrystaat, 25 in Gauteng, ses in KwaZulu-Natal, tien in Limpopo, 17 in die Noord-Kaap en 11 in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Mpumalanga en Noordwes aangemeld nie.

Teen vroeg gisteraand was 138 014 gesondheidswerkers reeds teen die virus ingeënt.

Meer as 9,3 miljoen toetse is reeds vir Covid-19 gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.