Covid-19-statistieke: 29 nuwe sterftes

(Grafika: pixabay)

Terwyl Suid-Afrika se herstelkoers weens Covid-19 steeds op 90% staan, is 29 nuwe sterftes bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand gesê dit bring die sterftesyfer op 16 938 te staan. Een nuwe sterfte is in die Oos-Kaap aangemeld, 11 in KwaZulu-Natal, twee in Gauteng, sewe in die Wes-Kaap en agt in die Vrystaat.

Tot dusver het 612 763 mense reeds van die virussiekte herstel, terwyl ʼn algehele 679 716 positiewe gevalle bevestig is.

Meer as 4,2 miljoen toetse is reeds vir Covid-19 gedoen en 1 883 nuwe gevalle is bevestig.

Só lyk die aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           1 264

Vrystaat:             13 391

Gauteng:             19 496

KwaZulu-Natal:  5 857

Limpopo:            743

Mpumalanga:    691

Noordwes:         2 872

Noord-Kaap:      2 629

Wes-Kaap:          3 072

Landwyd:            50 015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Strandloper ·

Is dit nou n bank staat van die asbes kontrak? Hoop hy oefen hoe om rys water te drink?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.