Covid-19-statistieke: 33 nuwe sterftes

(Argieffoto: Unsplash)

Altesaam 1 551 964 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 436 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 33 sterftes is intussen aangemeld. Dié nuwe sterftes is onderskeidelik in die Vrystaat (2), Gauteng (2), KwaZulu-Natal (10), Noordwes (18) en die Wes-Kaap (1) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 52 987 te staan.

Volgens Mkhize het 1 477 363 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 95%.

Die land het tans 21 614 aktiewe Covid-19-gevalle.

Nog 12 117 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 9 968 203 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 363183 911220
Vrystaat3 65678 2921 725
Gauteng10 350402 5952 475
KwaZulu-Natal10 236318 5345 742
Limpopo2 24160 748272
Mpumalanga1 34873 1321 017
Noordwes1 49660 4272 229
Noord-Kaap82532 9342 828
Wes-Kaap11 472266 7905 106
Totaal52 9871 477 36321 614

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco ·

Hoeveel sterf daagliks weens aanrandings, gesinsgeweld, plaasmoorde, ens ens? Maar alles bly toe en die ekonomie gaan down the drain oor ‘n simpel virus wat eintlik net ‘n erge griep is. Hoe lank gaan dié nonsens nog aanhou?

Drikus ·

Hierdie statistieke is baie onakuraat, tot die punt dat dit misleidend is, net omdat die mense wat nie simptome wys nie en tog COVID gekry het, nie getel word nie. Op ‘n radio program op Klankkoerant, is daar genoem dat uit verteenwoordigende bloedtoetse 50% van SA al COVID infeksies gehad het.

Loveleh ·

En ons skool het reeds in die 3de week al 1200 kids teruggebring. Ek voel elke dag angstig en dié getalle laat my nie beter voel nie.

john ·

Net 33 sterftes ..bygese dis tragies maar hoeveel sterf agv van die lockdown? wanhopige mense wat selfmoord pleeg (ek weet persoonlik van 2 in my klein persoonlike omgewing) , mense wat nie kos het nie en ondervoed raak, mense met chroniese siektes wat nie hulle weeklekse besoeke aan die hospitaal kan maak nie want die hospitaal is opsy gesit en staan leeg vir covid gevalle wat nie daar is nie? En so gaan die lys an.. Nee mooi so ANC vir julle logiese optrede julle gee rerig om vir die SA burgers….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.