Covid-19-statistieke: 4 800 nuwe gevalle in Gauteng

(Argieffoto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 8 021 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 16,5% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 1 730 106 te staan.

Minstens 12 092 681 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (60%), gevolg deur die Wes-Kaap (9%).

Minstens 57 592 sterftes is tot dusver bevestig.

Altesaam 1 598 293 persone (92,4%) het reeds herstel.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 1 009 hospitaal-opnames en 117 persone wat in die hospitaal gesterf het. Daar is tans 7 467 Covid-19-pasiënte in 649 staat- en privaat hospitale.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevallePersentasie
Oos-Kaap22519962711.5
Vrystaat4681064016.1
Gauteng480949453728.6
KwaZulu-Natal39434267519.8
Limpopo194670263.9
Mpumalanga345851524.9
Noordwes508810774.7
Noord-Kaap330541203.1
Wes-Kaap74829949117.3
Totaal80211730106100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelBevestigde gevalle
Oos-Kaap11692186377199627
Vrystaat453892608106401
Gauteng11610450938494537
KwaZulu-Natal10553326658342675
Limpopo24966315467026
Mpumalanga14748150585152
Noordwes20827024481077
Noord-Kaap12074523554120
Wes-Kaap11940281574299491
Totaal5759215982931730106

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jaco ·

Dis nie somer nie, so die Wes-Kaap se strande en wit toeristebesighede kan nie gesluit word nie. Dit was mos die lekker lat waarmee die ANC wit mense en “die rassistiese DA” geslaan het. Vir die eerste keer is dié Corona syfers eintlik korrek.

Strandloper ·

Sooooooo bly die covid boef met die lang asbes fingers se naam word nie meer genoem nie!

Marius Gerhardus ·

Wonder of die entstof regtig so positief gaan wees?

Kompas ·

Sal eers positief wees as 60% van die samelewing ingeënt is. Ons tempo van inenting is te stadig.

Dirk Mostert ·

50% Chilene is reeds geent. Nou “surge” dit EERS. Nuwe streng inperkings begin.

Thom ·

Bitter eienaardig dat inentings in die VSA , UK , AUS en NZ hoogs doeltreffend is !?

Thom ·

” There is also confusion about how the vaccine that the vast majority in the country has received works, Prof Bueno adds. More than 93% of the doses administered in Chile so far have been CoronaVac, produced by the Beijing-based biopharmaceutical company Sinovac. “

Anel ·

En hulle dink ons moet hierdie glo? Hoeveel mense is al by die huis dood van die virus?

Francois Le Cochon ·

Die covid sterftes wat nie gerapporteer is nie, word tans op 100,000 – 110,000 geskat.

Jan ·

Gevalle en sterftes word nou deur die “beheermaatreëls” gedryf die doel synde geldmaak met entstowwe en beheer oor die mensdom.

Pieter ·

…..en nog steeds wil die mense nie die entstof neem nie….!!! Jy het baie groter kans om dood te gaan van die virus as enige entstof. Dink net logies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.