Covid-19-statistieke: 40 nuwe sterftes

(Argieffoto: pixabay)

Altesaam 682 215 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 926 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 40 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (5), die Oos-Kaap (12), die Vrystaat (14), die Wes-Kaap (4) en Mpumalanga (5) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 17 016 te staan.

Volgens Mkhize het 615 684 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 90%.

Nog 10 714 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 4 280 340 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap3 14085 301
Vrystaat1 07334 808
Gauteng4 304197 553
KwaZulu-Natal2 743110 938
Limpopo39114 717
Mpumalanga56626 398
Noordwes37026 946
Noord-Kaap22114 750
Wes-Kaap4 208104 273
Totaal17 016615 684

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.