Covid-19-statistieke: 510 nuwe gevalle aangemeld

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand altesaam 1 538 961 bevestigde Covid-19-gevalle gehad, met 510 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 55 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 52 251 te staan bring.

Altesaam 25 van die sterftes is in Noordwes aangemeld, gevolg deur 11 in die Vrystaat, ses in die Oos-Kaap, vyf in KwaZulu-Natal en vier in die Wes-Kaap.

Altesaam 1 465 204 pasiënte het in dié stadium reeds herstel.

Die departement het aangedui dat altesaam 194 257 gesondheidswerkers teen Dinsdagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.

Provinsiale statistieke:

Gauteng: 411 777
KwaZulu-Natal: 333 122
Wes-Kaap: 281 361
Oos-Kaap: 194 903
Vrystaat: 82 308
Mpumalanga: 73 929
Noordwes: 62 970
Limpopo: 62 921
Noord-Kaap: 35 670

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.