Covid-19-statistieke: 56 nuwe sterftes

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het nou 1 582 842 bevestigde gevalle van Covid-19 nadat nog 1 632 gevalle bevestig is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in sy daaglikse bywerking van die syfers nog 56 sterftes is ook bevestig. Dit bring die algehele sterftesyfer weens die virus op 54 406 te staan. Nog 12 sterftes is in die Oos-Kaap bevestig, 20 in die Vrystaat, 11 in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal, ses in Limpopo en twee in die Wes-Kaap.

Geen sterftes is in Mpumalanga, Noordwes of die Noord-Kaap weens Covid-19 aangemeld nie.

ProvinsieSterftesReeds herstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 567184 356170
Vrystaat3 87582 0033 312
Gauteng10 663410 2143 133
KwaZulu-Natal10 388321 0135 266
Limpopo2 27261 369283
Mpumalanga1 39676 059783
Noordwes1 72562 6943 282
Noord-Kaap89735 6123 673
Wes-Kaap11 623273 4121 802
Totaal54 4061 506 73221 704

Altesame 27 957 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige bywerking gedoen.

Die herstelkoers is 95% en altesame 1 506 732 mense het reeds van die virus herstel.

Tot dusver is 318 670 gesondheidswerkers ingevolge die regering se Sisonke-program ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.