Suid-Afrika het nou 1 582 842 bevestigde gevalle van Covid-19 nadat nog 1 632 gevalle bevestig is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in sy daaglikse bywerking van die syfers nog 56 sterftes is ook bevestig. Dit bring die algehele sterftesyfer weens die virus op 54 406 te staan. Nog 12 sterftes is in die Oos-Kaap bevestig, 20 in die Vrystaat, 11 in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal, ses in Limpopo en twee in die Wes-Kaap.
Geen sterftes is in Mpumalanga, Noordwes of die Noord-Kaap weens Covid-19 aangemeld nie.
Provinsie | Sterftes | Reeds herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 567 | 184 356 | 170 |
Vrystaat | 3 875 | 82 003 | 3 312 |
Gauteng | 10 663 | 410 214 | 3 133 |
KwaZulu-Natal | 10 388 | 321 013 | 5 266 |
Limpopo | 2 272 | 61 369 | 283 |
Mpumalanga | 1 396 | 76 059 | 783 |
Noordwes | 1 725 | 62 694 | 3 282 |
Noord-Kaap | 897 | 35 612 | 3 673 |
Wes-Kaap | 11 623 | 273 412 | 1 802 |
Totaal | 54 406 | 1 506 732 | 21 704 |
Altesame 27 957 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige bywerking gedoen.
Die herstelkoers is 95% en altesame 1 506 732 mense het reeds van die virus herstel.
Tot dusver is 318 670 gesondheidswerkers ingevolge die regering se Sisonke-program ingeënt.