Covid-19-statistieke: 613 nuwe gevalle aangemeld

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 530 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 613 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 1 530 033 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 51 421 nadat nog 95 sterftes aangemeld is: sewe in die Oos-Kaap, ses in die Vrystaat, agt in Gauteng, 22 in KwaZulu-Natal, een in Limpopo, vier in Mpumalanga, 32 in Noordwes, vyf in die Noord-Kaap en 10 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 455 325 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 9 465 515 toetse vir Covid-19 gedoen, 15 023 sedert die vorige verslag.

Meer as 147 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Maandag teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap194 34212,7%
Vrystaat81 4715,3%
Gauteng409 40426,8%
KwaZulu-Natal331 97721,7%
Limpopo62 6934,1%
Mpumalanga72 9384,8%
Noordwes62 1994,1%
Noord-Kaap34 9312,3%
Wes-Kaap280 07818,3%
Totaal1 530 033100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 330182 754258
Vrystaat3 49975 3742 598
Gauteng10 019396 7582 627
KwaZulu-Natal9 854315 3046 819
Limpopo1 94960 102642
Mpumalanga1 29870 736904
Noordwes1 32358 3762 500
Noord-Kaap78632 0752 070
Wes-Kaap11 363263 8464 869
Totaal51 4211 455 32523 287

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dirk Mostert ·

Let bietjie op in die boonste grafiek hoe die twee golwe ooreenstem met die hoeveelheid toetse!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.