Covid-19-statistieke: 67% van nuwe gevalle in Gauteng

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 954 400 bevestigde Covid-19-gevalle met 13 347 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Dinsdagaand bevestig dat 1 954 466 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 26,2%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (67%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (7%) en KwaZulu-Natal (7%). Die aktiewe gevalle is altesaam 154 226.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 60 264 nadat nog 226 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 1 739 976 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 89%.

Suid-Afrika het tot dusver 13 062 835 toetse vir Covid-19 gedoen, 50 932 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 711 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 12 559 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Altesaam 2 900 666 mense is reeds ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap504206 363
Vrystaat338113 986
Gauteng8 925638 326
KwaZulu-Natal947353 348
Limpopo38575 111
Mpumalanga47593 908
Noordwes66994 265
Noord-Kaap11258 775
Wes-Kaap992320 384
Totaal13 3471 954 466

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap11 862190 624
Vrystaat4 93797 762
Gauteng12 769546 203
KwaZulu-Natal10 689330 316
Limpopo2 55267 180
Mpumalanga1 51787 212
Noordwes2 23578 764
Noord-Kaap1 37550 427
Wes-Kaap12 328291 488
Totaal60 2641 739 976

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Thom ·

Leer by Australië en beperk almal in Gauteng tot hul huise vir 10 dae lank .

Pietertjie ·

So, die boere moet hulle plaasdiere los, en dokters en verpleegsters moet ook tuisbly. En haweloses moet op straat bly. Waar trek mens die streep?

Oom Kaspaas ·

16 094 Recoveries
En soos ek telkemale al gesê het … Baie nuwe infeksies op een dag = baie recoveries +- 10 na 14 dae later. Nuwe gevalle 16/06 = 8 436, 17/06 = 13 246, 18/06 = 11 767, 19/06 10 510, 20/06 = 13 575

Aan die kenners daar buite: Nuus uit Amerika en Brittanje is dat die Delta variant meer aansteeklik is as die ander, maar dat sy simptome meer gering is, net Hoofpyn, loop neus, seer keel …

Johan ·

Hoeveel van dit is mense wat ingeënt is? Of mag ek dit nie vra nie….maak iemand ooit daardie info bymekaar?

piet ·

Wat dit ookal is, sou meer gewees het as mense nie ingeent was nie.

Dirk Mostert ·

“Aktiewe gevalle” 154,226, waarvan 12,559 (8%) in hospitale.

Thom ·

Ou sterk Dirk ___ die ” verkoue ” eis al hoe meer jong mense se lewens ; eienaardig né ?

annie ·

Die woord ‘pandemie’ word deesdae ipv ‘pes’ gebruik… in Engels ‘plague’. Wil ons voel dit is nie so ernstig nie of wil ons die grusaamheid onderspeel… dws grander as ons voorsate ly en sterf. Dalk sal ons versigtiger wees as die erns deurdring. Nou lè dooies nie in strate en huise vol grusame eensaam-gesterfte lyke nie. ‘Ander mense’ beskerm ons, teen betaling natuurlik, teen die werklikheid.

Pietertjie ·

Grote griep! Lyk my die inperkings-regulasies laat nog nie die kurwe afplat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.