Covid-19-statistieke: 69 sterftes in Oos-Kaap

(Argieffoto: Pfizer)

Suid-Afrika het 160 nuwe bevestigde sterftes weens Covid-19, waarvan 69 in die Oos-Kaap aangemeld is. Die provinsie is in hierdie stadium een van die plekke waar groot kommer heers oor die toenemende styging in virusgevalle. Altesaam 4 789 mense het reeds in die Oos-Kaap weens die virus gesterf.

Nog 26 sterftes is ook in die Vrystaat aangemeld. In Gauteng is ses sterftes bevestig, in KwaZulu-Natal 10, in Limpopo is ses sterftes aangemeld, in die Noord-Kaap 12 en in die Wes-Kaap 31. Dit bring die algehele sterftesyfer op 21 963 te staan, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Vrydagaand gesê.

Suid-Afrika het nou 805 804 bevestigde Covid-19-gevalle nadat 4 932 nuwe gevalle landwyd aangemeld is. Altesaam 740 450 mense het reeds van die siekte herstel.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het intussen gewaarsku dat die gevaar bestaan dat armes vertrap gaan word in die stryd deur ryker lande om Covid-19-entstowwe beskikbaar te stel.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, het Vrydag gesê daar is lig aan die einde van die tonnel in die byna jaar lange stryd teen Covid-19.

“Laat ek dit duidelik stel. Ons kan nie ʼn wêreld aanvaar waar die armes en gemarginaliseerdes vertrap word deur die rykes en invloedrykes in die stryd vir entstowwe nie,” het Tedros gesê.

“Dit is wêreldwye krisis en die oplossings moet eweredig as openbare besit gedeel word. Nie as private kommoditeite wat ongelykheid vererger en net nog ʼn rede waarom sommige mense agtergelaat word nie.”

Hy het ook gesê die wêreld het talle ander probleme. “Daar is nie ʼn entstof teen armoede nie, geen entstof teen hongersnood nie. Daar is geen entstof teen ongelykheid of klimaatsverandering nie.”

Brittanje is die eerste Westerse land wat ʼn entstof vir Covid-19 goedgekeur het, terwyl die VSA en verskeie ander lande na verwagting binnekort sal volg en met massainentingsveldtogte begin.

ʼn Covax-konsortium, gesteun deur die Verenigde Nasies, is reeds op die been gebring om entstof eweredig wêreldwyd te help versprei.

Bykomende bron: AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dirk Mostert ·

Die nuwe “gevalle” eskaleer, maar ek sien nerens in die berig hoeveel toetse die nuwe gevalle opgelewer het nie. Die toetse eskaleer seker eers.

Lorna ·

Nou hoe nou
Gaan jy al die rykes hulstoe stuur en net die armes help
Klink meer na rassis kaar jy is wit en jy is swart
Wel ek cut myself uit niemand spuit my in nie

Anel ·

So die mense wat produktief is moet op sy staan vir die wat net kan bakhand staan? In elke geval, hou maar julle entstof, dankie. Niemand kom naby my nie.

Jan ·

Daar is geen entstof teen armoede nie maar regerings, onder leiding van die WGO, het in die afgelope jaar meer armoede deur “beskermingsmaatreëls” geskep as wat enigiets anders nog ooit kon regkry, maatreëls wat niks kan doen aan die verspreiding of impak van ‘n virus nie. Bewyse van die ondoelmatigheid van die maatreëls is duidelik te sien in die Pandata statistiek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.