Suid-Afrika het nou meer as 1 832 400 bevestigde Covid-19-gevalle met 9 160 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Maandagaand bevestig dat 1 832 479 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 24,9%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (69%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (7%). Die totale aktiewe gevalle is 117 004.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 58 795 nadat nog 93 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 1 656 860 mense reeds van die virus herstel, ‘n herstelkoers van 90,4%.
Suid-Afrika het tot dusver 12 586 342 toetse vir Covid-19 gedoen, 36 858 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 341 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 9 503 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
‘n Totaal van 2 144 204 mense is reeds ingeënt.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Totale gevalle |
Oos-Kaap | 193 | 202 687 |
Vrystaat | 248 | 110 545 |
Gauteng | 6 292 | 560 202 |
KwaZulu-Natal | 322 | 347 136 |
Limpopo | 296 | 69 834 |
Mpumalanga | 443 | 88 976 |
Noordwes | 422 | 87 103 |
Noord-Kaap | 297 | 56 973 |
Wes-Kaap | 647 | 309 023 |
Totaal | 9 160 | 1 832 479 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 11 739 | 188 232 |
Vrystaat | 4 665 | 95 572 |
Gauteng | 12 170 | 488 844 |
KwaZulu-Natal | 10 616 | 327 401 |
Limpopo | 2 517 | 64 866 |
Mpumalanga | 1 495 | 84 206 |
Noordwes | 2 208 | 74 676 |
Noord-Kaap | 1 321 | 47 984 |
Wes-Kaap | 12 064 | 285 079 |
Totaal | 58 795 | 1 656 860 |
Covid-verslae laat mens dink aan weervoorspellings – dis deel van elke nuusberig, onvoorspelbaar, en gegrond op skattings/bespiegelinge.
Ek vind dit vreemd dat daar nie statistiek beskikbaar is wat die inentings met die uitbreek van die derde golf vergelyk nie. Ek sê nie dat dit die rede is nie, maar niemand kan bewys dat dit nie is nie. Dit moet tog ondersoek word. Hoekom sê ek so? Daar is geleerdes wat sê dat die inentings nuwe variante kan veroorsaak agv die s-proteïene. Die voormalige VP van Phizer sê so. Daar is selfs viroloë, mikrobioloë, interniste en dokters wat met mekaar verskil. Dit beteken nie dit is so nie, maar met so groot uitbraak van ‘n novelle siekte, moet alle kante ondersoek word om tot die regte konklusie te kom. Die meeste mense is in Gauteng ingeënt, die meeste gevalle is in Gauteng. Is daar ‘n korrelasie? Ons inligting is beperk. En ons het nodig om soveel inligting te kry van albei kante sodat die regte besluite geneem kan word. Ewekansige toetse moet tog vergelyk word.
Waar kom jy daaraan dat die meeste van Gauteng ingeënt is? Gaan kyk na infeksie syfers in lande wat dit wel waar is
Koos die meeste mense wat alreeds in Suid Afrika ingeënt is is van Gauteng. En ek sê dit nie uit onkunde uit nie. Vat ‘n mikroland soos die Seychelles. Dis die land met die mees ingeënte inwoners wat nou so ‘n groot uitbraak van gevalle het.
SA is ‘n swak voorbeeld siende dat daar so min mense reeds ingeent is. Stem saam dat jy eerder moet kyk na lande waar daar reeds massa-inientings was soos die VK en die VSA. Ook die nuwe variant in SA het te voorskyn gekom voordat enige een hier ingeent was.
Ek weet nie van ‘n enkele geval waar ‘n ge-ente prsoon ernstig siek geword het nie .
Ek weet persoonlik van 4
Kan julle nog ‘n statistiek byvoeg asseblief? Dit sal wees mense wat reeds volkome herstel het. Hoekom? Want hierdie mense het natuurlike immuniteit opgebou en is beter daaraan af as mense wat die inenting gekry het. Dit sal ook die stats weer gee van hoe ons persentasie gewys vorder met kudde immuniteit.
Wat van nuwe variante van die virus? In daai geval gaan ‘n inenting definitief meer beskerming bied vir ‘n persoon wat reeds herstel het van ‘n ander variant en nie ‘n inenting gekry het nie. Die punt is – ‘n inenting gaan jou groter beskerming gee, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie. Dis mos algemene kennis hoeveel mense reeds herstel het, dis omtrent 93% van die wat positief getoets het. Dis meer want almal het nie getoets vir die virus nie maar kon dit steeds gehad het. Die statistieke sal net beskikbaar wees vir diegene wat formeel positief getoets het en dis beskikbaar jy kan dadelik die sommetjie maak..
100% piet maar soos jy sien soos hierbo het ons doktors grade mikro bioloë en viroloë wat beter weet hier in SA. Pfizer en JJ weet net nie van hulle nie anders was hul lankal werk en 7 syfer salarisse aangebied. Maar hul deel darem hul (on) wetenskaplike kennis met die res.
Hennie, teen hierdie tyd moes jy nou al geweet het dat daar nie so iets is soos natuurlike immuniteit nie. Ons liggame “herken” nie die virus nie, en weet dus nie hoe om immuniteit op te bou nie, daarom die vaksine. Die covid vaksine gee instruksies aan ons DNS hoe om immuniteit op te bou, soos die geval met alle ander vaksines.
Definetief. Maar tekort aan kennis en insig laat mense snert en middeleeuse teorieë glo.
Eks so oor die nonsens.
Wees geduldig. Die volgende fad is oppad.
Ha ha byt vas Johan, soos pes, pokke, meningitis, TB, geelkoors, sekere kindersiektes, ens. sal die CV19 virus ons verlaat as meer as 75% van die populasie ingeënt is. Dis al wat sal werk. Wetenskaplike oplossing, geen wensdenkery of leë woordjies of bravado of ontkennings teorieë nie. Nie een van die siektes is ‘n “fad” nie en het soos CV19 miljoene mense laat sterf. En sou aangehou het as dit nie vir inentings was nie. Die Rambo’s wat sha na na is na hul een mutasie van die virus gehad het gaan slegte nuus kry – jy is nie immuun langer as 6 maande nie asook nie teen ander mutasies nie. Al wat help is inentings, want die inenting blok die aanhegtings metode van ALLE CV19 mutasies, deur die “tentakels” aan die buitekant van die virus. Niks anders, geen natuurlik immuniteit of enige ander kwaksalwer resep of storie nie.
MakersMark ek stel voor jy besoek die webtuiste doctors4covidethics punt org om albei kante van die medici se menings te kry oor hierdie wonder inenting.
Leeuwyfie dankie ek is bewus van die informasie opgeneem op die webtuiste. Daar is altyd twee kante ek stem, maar gewoonlik een wat werk en lewens red die ander een bietjie op wensdenkery gebaseer. Dink in die geval is die teiken immuniteit vir so veel as moontlik so vinnig as moontlik want dit gaan lewens, ekonomieë, sosiale en publieke lewe, en mense se sinne beveilig. So ek bly maar by my aanbeveling om ingeënt te word.
Ek le tans in n covid saal.l. Glad nie n lekker plek om tuis te gaan. Baie morbied. Paziènte wat regtig baie siek is. Covid is “for real:. Baie mense sterf …en min kry n 2de kanz. Ek kan nie kommentaar oor dke korrekte getalle lewer…maar in die hospitaal waar ek is is die saal stampvol. Asoom die ICU. In my 5 dae wat ek hier is ..is reeds 4 mense oorlede. Mense pas jul ASb mooi op. Covid het soveel simptome en bàie nagevolge. Soos dit veroorsaak nierversaking. Tas jou hart, longe aan…en bloedklonte!! Ek het bloedklonte van covid gekry. Het my NIE laat inent. God is besig om my te genees. Ek ontvang ook goeie behandeling in die privaat hospitaal waar ek lè. Ons ander privaat hospitaal ook vol. Pas jille mooi op. Covid is n moeilike pad om te stap en vir sommige n lang genesings pad!!!
Hoe gouer SA terug gaan vlak 4 toe hoe beter. Infeksies hardloop weg in Gauteng, Noord Kaap, OVS en Noordwes. Wes kaap en KZN is volgende. Mense gaan aan asof daar niks fout is nie maar verwag die hospitale moet ‘n bed en 60 l per minuut suurstof reg hou ingeval hul roekelose optrede hul siek laat word.
Ek dink die domastrantes wat nie wil masker dra en ingeent word nie, kan vlak 5 toe gaan, Die res van ons gehoorsames bly op vlak 3. As jy ingeent is, gaan jy na vlak 1.
Piet van ‘n duim op en ‘n virtual “high five”…..stem saam. Virus stap nie van deur tot deur en val ons aan nie. Ons gedrag vat hom van mens na mens en van huis tot huis. Soms met bitter hartseer gevolge.