Covid-19-statistieke: 73 nuwe sterftes

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 1 372 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig, wat die algehele syfer vir infeksies op 1 562 931 te staan bring. Die herstelkoers bly op 95% nadat 1 488 060 mense van die virus herstel het.

Tot dusver is 53 571 sterftes bevestig nadat nog 73 nuwe sterftes aangemeld is. Hiervan was 13 in die Oos-Kaap, ses in die Vrystaat, 16 in Gauteng, 20 in KwaZulu-Natal, agt in Limpopo, vier in Mpumalanga, een in die Noord-Kaap en vyf in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Noordwes aangemeld nie.

Aktiewe gevalle staan op 21 300.

Só lyk aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           258

Vrystaat:             1 782

Gauteng:             2 857

KwaZulu-Natal:  5 322

Limpopo:            295

Mpumalanga:    1 040

Noordwes:         2 074

Noord-Kaap:      2 892

Wes-Kaap:          4 780

Altesame 43 550 nuwe toetse vir Covid-19 is sedert dr. Zweli Mkhize se vorige bywerking gedoen. Tot dusver is meer as 10,2 miljoen toetse vir die virus reeds in Suid-Afrika gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hettie ·

Dit is jammer Noordwes kan dit nie regkry om daaglik hulle syfers in te stuur nie, hulle verwar die land elke keer as hulle halfpad deur die maand ewe skielik met ‘n groot syfer vorendag kom.

Dirk Mostert ·

43,550 toetse. Op van 34,971 die vorige 24 uur. Hier kom n ding!

Jaco ·

Dié herstelkoers staan darem nou al baie lank op 95%. Lekker manier om vlak 1 van inperking onbepaald te laat aanhou. Intussen verloor mense hulle werk, armoede neem toe en en en. Maar die ANC-regering karring net voort. Meeste werkloses en armes is nogal van die ANC se eie ras; ramaphosa se our people. Vreemd dat hulle ook swaarkry. Hoe sorg die ANC dan so swak vir sy eie mense? Wat dan nou van Black Lives Matter en human rights en ubuntu?

Anoniem ·

Die ANC het nie die politieke wil om sy stemvee ‘n beter lewe te bied nie, want met Sassa toelaes word die stemvee afhanklik gehou en stemme behou. Sodra hulle beter lewe mag hulle dalk net anders oor stem begin dink. Alles deel van die kommuniste ANC regime se strategie. Hul uiteindelike doel is om die land so te verarm dat almal van die staat afhanklik is en daarmee bekom hulle totale beheer.

Anoniem ·

Dan is daar boonop nog afduim trolle ook op hierdie forum, mense wat te skaam is vir hul name, foeitog.

Jack ·

Hierdie hele Covid-19 plandemie is ‘n groot klug. Dis ‘n kunsmatige geskepte histerie om regerings in staat te stel om meer beheer te verkry en minder aanspreeklikheid te aanvaar. Ter wille van die bevegting van die plandemie kan allerhande ander dinge deurgedwing word. Ek betwis nie dat Covid siekte veroorsaak nie, maar hoe vergelyk dit met steftes te wyte an griep, TB, VIGS, hartaanvalle, motorongelukke en gewone moorde. Waarom moet Covid sterftes elke dag in ons kele afgedruk word op allerhande media maar die ander oorsaaklike sterftes word nooit genoem nie. Die oorhaastigheid en ondeurdagtheid van sommige van die voorkomensplanne het groter skade veroorsaak as die siekte self. Die geld wat open deur hierdie planne veroorsaak is het ons ekonomie omtrent geknak. Dis tyd dat alle regdenkenede mense beswaar teen hierdie kunsmatig geskepte histerie moet aanteken.

Charles ·

Dankietog vir mense met kritiese denke wat nie oorweldig word deur die hoofstroom propaganda, maar die eintlike agenda van beheer en vergruising van vryheid sien.

Francois Le Cochon ·

Jack, appels met appels asseblief. Die ander sterftes waarna jy verwys word nie as hoogs aansteeklik beskou nie, en word daarom nie as ‘n pandemie hanteer nie. Wees ook net bewus daarvan dat diegene wat die dinamiek van covid verstaan, en die regulasies nakom, eintlik ook vir jou beskerm. Het jy al dankie gese^?

Thom ·

Francois , hierdie tipe mens sal nooit dankie sê nie ___ hulle glo hulself en maak kundiges af as meelopers . Ek sal nooit iemand teenspoed torwens nie maar jy gaan die gekerm hoor as een van hierdie mense ‘n geliefde verloor aan die ou verkouetjie !

Dirk Mostert ·

Ek het meer as ‘n jaar gelede besef die Wuhan-sepie is presies dit. Die CPR-toets was lank voor Desember’19 beskikbaar en tel fraksies van coronavirusse op (soos ‘n Mercedes wieldop in ‘n skrootwerf, waarvan nie afgelei kan word dat alles in die skrootwerf Mercedes-onderdele is nie). Sonder die toets is daar geen pandemie nie. Totale sterftes toegeken aan Covid-19 is skaars 2% van alle sterftes jaarliks.

Nick ·

Ek kan nie wag vir die dag wat ons data kan sien van enige ander siektes in die land soos wat hulle Covid 19 nie, dis nie dag wat die herrie oor Covid 19 ook sal eindig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.