Covid-19-statistieke: 8 400 nuwe gevalle

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Saterdag 8 411 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken. Dit verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 15%, wat oor die afgelope paar dae stelselmatig begin afneem het.

Die getal nuwe gevalle is laer as die syfer op Vrydag (9 199), maar effens hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle (8 118) wat die afgelope week aangeteken is. Dit blyk wel uit data van die afgelope paar maande dat al die provinsies verby die kruin van die derde golf beweeg het en die getal nuwe infeksies nou begin afneem.

KwaZulu-Natal, met meer as 2 500 nuwe gevalle, het steeds die meeste infeksies aangeteken, gevolg deur die Wes-Kaap (1 726) en die Oos-Kaap (1 302). In Gauteng het net 539 mense positief getoets, wat minder as die Vrystaat én die Noord-Kaap se nuwe gevalle is.

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap1 302
Vrystaat739
Gauteng539
KwaZulu-Natal2 525
Limpopo141
Mpumalanga457
Noordwes441
Noord-Kaap541
Wes-Kaap1 726

Altesaam 182 nuwe sterftes is aangeteken, wat beteken dat 83 343 mense tot dusver in Suid-Afrika aan Covid-19 dood is. Minstens 664 mense is Saterdag weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem en 11 901 mense word tans vir die virus in ʼn hospitaal behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Strandloper ·

Ek vat maar my kans…banger vir die bug as my skoonma…

Piet ·

Frank download Telegram jou oë sal oopgaan die inspuiting is die oorsaak vir alie nagevolge

jou gewete ·

verstaan nie heeltemal wat jy se maar as jy bedoel inspuiting is gevaarlik stem ek saam

jou gewete ·

kan die voorstanders van die inspuitng en die kudde imuniteit asseblief vir ons se wanneer gaan die getalle in die dele van die wereld wat voorlopers met die spuitery is dan begin afneem. ek kyk op worldometer van begin af en sien nog nie afname nie. Lyk my iewers rym iets nie

jou gewete ·

o ja, sterftes is effe minder maar dis n ander storie, is alle sieklikes nie dalk al reeds weg nie en die wat oorbly oorleef beter. Nou wat se hardekwas nou oor die kudde imuniteit, wanneer gaan dit gebeur siende dat die inspuiting geen imuniteit gee nie, net die hoop dat jy minder siek raak. help my asseblief reg, ons is geleer as die kudde imuniteit bereik is is alles reg en nou is imuniteit nog nie in sig nie. wat nou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.