Covid-19-statistieke: Aantal aktiewe gevalle per provinsie

(Argieffoto)

Suid-Afrika het nou amper 600 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 599 940 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 12 618 nadat nog 195 sterftes aangemeld is: 26 in die Oos-Kaap, 83 in Gauteng, 36 in KwaZulu-Natal, 25 in die Vrystaat, 12 in Limpopo en 13 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 497 169 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 82%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 480 283 toetse vir Covid-19 gedoen, 24 612 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap84 58614,1%
Vrystaat33 6655,6%
Gauteng202 95533,8%
KwaZulu-Natal108 08018%
Limpopo12 0862%
Mpumalanga22 4593,7%
Noordwes23 8684%
Noord-Kaap8 5751,4%
Wes-Kaap103 61617,3%
Onbekend500%
Totaal599 940100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap2 69679 9471 943
Vrystaat56719 77913 319
Gauteng3 144169 29930 512
KwaZulu-Natal1 82483 09423 162
Limpopo17110 5261 389
Mpumalanga21419 5302 715
Noordwes21416 9486 706
Noord-Kaap1005 1543 321
Wes-Kaap3 68892 8927 036
Totaal12 618497 16990 103

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Simon ·

Suid-Afrika het nie ‘n entstof ontdek nie maar is die enkele plek op hiedie aardbol waar die virus nie ‘n houvas het nie. Die land kan dalk baie geld verdien deur buitelanders vir ‘n maand lank hierheen te nooi teen betaling. Besoekers doen die virus op(dalk), herstel gou-gou(gewaarborg) en siedaar, die virus is wereldwyd oorwin!

pokkel ·

as 50 mense in ‘n klein kerkie saamtrek is hy stampvol, as 50 mense in ‘n groot kerk saamtrek is die plek steeds amper leeg, so dit sou seker beter gewees het om die vlak 2 reël op getalle met die grootte van ‘n spasie te gekoppel het, maar ons regering dink nie logies nie, so dis sommer net 50 en klaar

johan ·

Hulle moet bietjie die rug sak by apartheid vat so dat wiskunde hom bietjie kan dra, want die somme maak storie is gevaarlik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.