Covid-19-statistieke: Aantal nuwe gevalle daal steeds

(Foto: Jean-Christophe Verhaegen/AFP)

Suid-Afrika het Vrydag 6 141 nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken. Dit is minder as Donderdag se 7 150 nuwe gevalle en heelwat minder as die tussen 14 000 en 21 000 nuwe gevalle wat ʼn paar weke gelede aangemeld is.

Die departement van gesondheid het laat Vrydag die statistieke vir die dag bekendgemaak.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (1 801) en Gauteng (1 064) aangemeld. In Mpumalanga is 762 nuwe gevalle aangemeld en in die Wes-Kaap het 678 mense positief getoets vir Covid-19.

Met 386 770 gevalle is Gauteng tans die provinsie met die meeste gevalle wat sedert die begin van die pandemie in Suid-Afrika aangemeld is. KwaZulu-Natal is egter die provinsie met die meeste aktiewe gevalle, met 46 071 mense hier wat tans die virus onder lede het. Die Oos-Kaap het die minste, met 2 813 aktiewe gevalle in dié provinsie aangemeld.

 

Luidens die departement se verklaring het Suid-Afrika tans ʼn herstelkoers van 89%. Altesaam 528 nuwe sterfgevalle is wel aangemeld. Die meeste sterftes is in KwaZulu-Natal (195), Gauteng (126) en die Oos-Kaap (95) aangeteken. Verder is sterftes in Mpumalanga (23), Limpopo (16), die Noord-Kaap (11) en die Vrystaat (10) aangeteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Nou ja, toe! Laat ons nou almal ons NORMALE lewens hervat en wanneer ons siek raak, gou bv. Ivermectin en/of enige van die ander medikasies neem, in kombinasie met watookal nodig is om gesond te word! Toe, toe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.