Covid-19-statistieke: Aktiewe gevalle aan’t toeneem

Argieffoto (Foto: Luca Sola/AFP)

Altesaam 1 659 070 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 4 515 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 70 sterftes is intussen aangemeld. Dié nuwe sterftes is onderskeidelik in die Vrystaat (3), Gauteng (26), Mpumalanga (4), die Noord-Kaap (24) en die Wes-Kaap (10) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 56 363 te staan.

Luidens die verklaring het 1 554 184 pasiënte in Suid-Afrika reeds van die koronavirus herstel; dit is ʼn herstelkoers van 93,7%.

Die land het tans 48 523 aktiewe Covid-19-gevalle.

Nog 39 618 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 11 575 047 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 657185 089964
Vrystaat4 32188 5247 831
Gauteng11 190428 07915 546
KwaZulu-Natal10 506324 7364 429
Limpopo2 44662 162699
Mpumalanga1 44879 1381 691
Noordwes1 88967 3866 297
Noord-Kaap1 10040 9597 604
Wes-Kaap11 803278 1113 462
Totaal56 3631 554 18448 523

Inenting

Tot dusver is 479 768 mense ingevolge die regering se Sisonke-program met een dosis van die Johnson & Johnson-entstof ingeënt.

Diegene wat in fase 2 van die program die Pfizer-entstof ontvang het, staan op 484 108.

Die algehele syfer staan tans op 963 876.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lorna ·

Nee hoor en as al die inspuiting media wat kan volg waar is is ons in groot moeilikheid
So ek hou eers verby

Dirk Mostert ·

Winter begin, temperature laer, reen en wind aan die kus. Uiteraard meer verkoue-simptome waarmee dokter toe gehardloop word, waar almal getoets word met die CPR-toets wat alle coronavirusse (lewend en dood) optel en alles onder dieselfde pandemie-kam skeer. Die monsters gaan deur tot 45 konsentrasie-siklusse. (na enting hoogstens 28 siklusse). Die infeksiesyfers beindruk my hoegenaamd nie.

MakersMark ·

Die toetse onderskei duidelik tussen CV19 en ander virale infeksies. Dis snert on te probeer insinueer dat “dit verkoue of griep is”.

Thom ·

Dirk glo homself en het vrede met feite , die wetenskap en die waarheid .

MakersMark ·

Daar is baie hier. Wetenskap is” speak foreign”…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.