Covid-19-statistieke: Aktiewe gevalle al minder

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Zweli Mkhize/Twitter)

Suid-Afrika het nou meer as 735 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 731 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand bevestig dat 735 906 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 19 789 nadat nog 40 sterftes aangemeld is: 21 in die Oos-Kaap, twee in Gauteng, sewe in die Vrystaat, ses in KwaZulu-Natal en vier in die Wes-Kaap.

“Van die 40 sterftes aangemeld het 11 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind: vier in die Vrystaat, een in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal, een in die Oos-Kaap en drie in die Wes-Kaap.”

Tot dusver het 678 738 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 92%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 963 174 toetse vir Covid-19 gedoen, 22 455 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap100 71013,7%
Vrystaat57 8417,9%
Gauteng230 16531,3%
KwaZulu-Natal123 88616,8%
Limpopo17 8922,4%
Mpumalanga30 2334,1%
Noordwes33 8204,6%
Noord-Kaap22 3443%
Wes-Kaap119 01516,2%
Totaal735 906100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 85992 1264 725
Vrystaat1 56445 78010 497
Gauteng4 861221 2434 061
KwaZulu-Natal3 255115 2815 350
Limpopo47616 951465
Mpumalanga60729 018608
Noordwes47529 6523 693
Noord-Kaap29518 4183 631
Wes-Kaap4 397110 2694 349
Totaal19 789678 73837 379

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Strandloper ·

Mmmm pasop vir mak raak…gemaskerde sopbeen en kie kan hoeke nie tel nie. Wonder waneer die slinkse kader aan die pen gaan ry…indien ooit

J ·

Daar is 20 000 korrels in ‘n mespunt sand!

Maar dit het geen segswaarde vir hoeveel sandkorrels in ‘n provinsie of land aangetref word nie.

Selfde beginsel geld vir COVID statistiek.

SONDER MILJOENE AKKURATE COVID TOETSE KAN GEEN GELDIGE STATISTIEK BEKEND GEMAAK WORD OOR COVID BESMETTING OF STERFTES NIE.

Word die GROOT COVID WANVOORSTELLING doelbewus gedoen : 1. om ‘n AGENDA te bevorder of is dit 2. blote ONKUNDE?

Ongeag van watter van die bg. 2 redes relevant is vir die oorsaak vir die COVID wanvoorstelling … beide is GEVAARLIK!

Gaan COVID verdwyn nou dat die VSA verkiesing verby is?

Dirk Mostert ·

Die agenda is om ‘n totalitere staat wereldwyd te skep (Nuwe Wereld Orde). Ek het 6 maande gelede gedink hierdie is ‘n proeflopie, maar dit was so geslaag dat dit wereldwyd verleng word (“die 2de golf”). Sonder die TOETS met sy wisselvallige, onbetroubare resultate sou daar nie ‘n “pandemie” wees nie.

JohanR ·

Soos Ramaphosa, NDC, Bheki Cele of enige ANC, glo ek nie een word wat by jou bek uitkom nie!

Dirk Mostert ·

Zwele-hulle is so desperaat om sterftegetalle op te stoot dat lyke vir Covid-19 getoets moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.